HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Opel stel Crossland X bekend


   01 December 2017   l   Paul Smith    l   Views: 11   l   11 days ago  

 

Die nuwe Opel Crossland X.


Ek was danksy Opel Modimolle so bevoorreg om verlede week die mediabekendstelling van die nuwe Opel Crossland X in Johannesburg by te woon en wat ’n heerlike dag!  

Nadat Opel onlangs die General Motors-groep (GM) verlaat het, kan hulle nou uiteindelik oor die hele wêreld meeding. Onder GM was Opel se produkte slegs in Europa en vyf Afrika-lande beskikbaar. Opel se nuwe eienaars, PSA, sien gevolglik baie moontlikhede in hierdie handelsmerk, en boonop maak PSA se gesonde bankbalans, 40 aanlegte en 20 000 werknemers dit moontlik om die produksievolume van Opel drasties te verhoog. 

Intussen het verkope van kompakte kruisvoertuie 300% in die afgelope vier jaar gestyg en het Opel dadelik die geleentheid raakgesien om hulle op hierdie opwindende sektor toe te spits.

Opel se nuwe slagspreuk is: “Die toekoms is vir almal,” wat beteken dat hulle hoë toerus-tingsvlakke aan kopers wil bied in mark-segmente en teen pryse waar sulke spesifi-kasies nie verwag word nie.

Die Crossland X, wat ook hulle eerste nuwe motor is wat saam met PSA ontwikkel is, voldoen volkome aan die onderneming wat deur hierdie nuwe slagspreuk gemaak word. Die Crossland is naastenby so groot soos die Opel Mokka, maar word effens laer op die pryslys geplaas. Tog bied die Crossland ’n toerustingsvlak aan waarmee geen motor in sy klas kan meeding nie. 

Die voorkant spog met LED-ligte wat selfs in die intreemodel outomaties aanskakel en in die vlagskipmodelle outomaties om draaie skyn en selfs die helderheid beheer. 

Daar is ook ’n panoramiese dak en kontrasterende dakafwerking is beskikbaar. Die agterligte is besonder hoog geplaas om meer sigbaar te wees, maar maak ook ’n groter agterdeur moontlik wat die in- en uitlaai van bagasie vergemaklik. Die agterste sitplek wat 40:60 verdeel is, kan verskuif word om meer beenspasie of ’n groter bagasieruim beskikbaar te maak.  

Die sitplekke is besonder gemaklik en die afwerking ver bo die gemiddeld. ’n Panoramiese kamera en ’n rits waarskuwingstelsels komplementeer agt lugsakke en ’n volledige reeks rembystandfunksies om die Crossland ook die veiligste motor in sy klas te maak.

Die 1.2 petrol in die intreemodel lewer slegs 60 kW, maar met die turbo van al drie die ander modelle is daar 81 kW en 205 Nm beskikbaar wat ratse vooruitgang moontlik maak. Die klein enjin benodig natuurlik redelik hoë revolusies om sy beste te gee, maar as die rathefboom slim gebruik word, voel die Crossland lekker sportief.

Opel het die goue weg tussen groot en klein motors gevind met die Mokka en nou ook met die Crossland. Dit bied die genot, ekonomie en gebruikersvriendelikheid van ’n klein motor, maar ook die gerief, afwerking, spasie en toerusting wat slegs in groter motors gevind word. Met pryse wat wissel tussen R265 000 en R360 000 kan daar nie ’n hoërtoerustingsvlak teen ’n beter prys verkry word nie. Die eerste modelle word tans versprei en met die gemak van ’n plaaslike handelaar moet die Crossland X op ’n gesin se kortlys verskyn.

* Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories