HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Gewildheid van dubbelkajuite neem toe


   02 February 2018   l   Paul Smith    l   Views: 41   l   21 days ago  

 

Renault beoog om vanjaar ’n bakkie — die Alaskan — bekend te stel. Foto: oumma-city.com


Dubbelkajuitbakkies verkoop soos soet-koek. 

Ford en Toyota kan skaars voorbly soos kopers hierdie veelsydige voertuie opraap. Vir sake- en gesinsgebruikers is die dubbelkajuit deesdae die eerste keuse. Met sy laaivermoë, gemak en afwerking wat deurentyd verbeter en kragbronne wat deesdae meer ekonomies is, sal dubbelkajuite se gewildheid slegs toeneem. 

Vervaardigers soos Fiat het eers onlangs hierdie groeiende segment betree, maar in 2018 verwag ons nog nuwe spelers. 

Renault en Nissan deel natuurlik platforms en terselfdertyd as die nuwe Navara beoog Renault om vanjaar ook ’n Alaskan-bakkie bekend te stel. Mercedes se nuwe X-klas-bakkie word natuurlik ook in hierdie formaat gebou en hopelik kan Mercedes sy bakkie met genoeg tierlantyntjies toerus om sy stywe pryspremie te regverdig. 

Die Navara het egter nie veel kopers van Ford- en Toyota-vertoonlokale weggelok nie en ek verwag dat Renault en Mercedes ook nie juis die dubbelkajuitmark sal oorheers nie.

Nuus wat wel meer ore sal laat spits, is die gerugte van Renault se Oroch kompakte dubbelkajuit. Die Oroch is ’n bakkie-weergawe van die uiters suksesvolle Duster wat van Renault die enigste speler in ’n nuwe segment sal maak. 

Dan verwag ons natuurlik ook Ford se nuwe Raptor wat met ’n sterker enjin en unieke stilering, koppe sal laat draai. 

* Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories