HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Hyundai stel nuwe bekostigbare model bekend


   02 March 2018   l   Paul Smith    l   Views: 132   l   2 months ago  

 

Die Hyundai i10 Grand is moontlik die beste kopie in randwaarde in die land. Foto: quickpic.co.za


Hyundai het stilletjies ’n nuwe 1.0 i10 Grand beskikbaargestel en sommer terselfdertyd die hele i10 Grand-reeks aangepas terwyl hulle heeltemal van die ou i10 ontslae geraak het. 

Ná die uiters suksesvolle Atos, het die i10 Hyundai hom verder as ’n vervaardiger van gehalte, bekostigbare klein motors gevestig. Die i10 Grand het heelwat meer bruikbare ruimte toegevoeg en nou het Hyundai besluit dat die Grand voortaan hul intreemodel sal wees.  

Die nuwe 1.0 Motion is teen slegs R149 900 beskikbaar wat hom R5 000 goedkoper as die ou 1.1 Motion van die kleiner, gewone i10 maak. Die 1.25 Fluid se prys lyk ook sommer heelwat aantrekliker teen slegs R189 000 terwyl ’n nuwe Glide-model teen R202 900 nou die topmodel is.

Die Grand is ’n bietjie verfris en die stilering lyk ongetwyfeld meer aggressief en hoekig, wat moontlik by meer kopers byval sal vind. Die nuwe 1.0 liter oondjie lewer slegs 48 kW en 94 Nm, maar vir ’n dorpsmotortjie behoort dit voldoende te wees. 

Hyundai bederf ons lankal met volop toerusting en die Motion is standaard toegerus met alles wat regtig nodig is. Lugsakke, ’n sluitweerremstelsel (ABS), Bluetooth, lugversorging en voorste elektriese vensters is alles standaard terwyl die Fluid-modelle ook spog met ’n raakskerm, sleutellose toegang, elektries verstelbare spieëls en allooiwiele. Die 1.25-modelle lewer darem 64 kW en 120 Nm wat genoeg is om ’n volgepakte motor aan die beweeg te hou.

Teen sulke aanloklike pryse is die Hyundai i10 Grand moontlik die beste kopie in randwaarde in die land. Sy troefkaarte van ruimte, gehalte, toerusting en ’n sewe jaar/200 000 km-waarborg, kan nie teen R150 000 geklop word nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories