HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Meer krag en meer spasie in nuwe Yaris


   02 March 2018   l   Paul Smith    l   Views: 423   l   2 months ago  

 

2018 Toyota Yaris.


Aan die begin van ’n jaar waar talle nuwe luikrugmodelle die lig sal sien, het Toyota ook nie op hom laat wag nie. 

Op sy beurt het Toyota geluister toe kliënte ’n groter Yaris vra en ’n splinternuwe model gebring om die Yaris-naam te dra. 

Hierdie is nie ’n verandering of verbetering van die ou Yaris nie, maar eerder ’n heel ander produk wat ontwerp is vir ’n ander mark. 

Die ou Yaris is bedoel vir Europese kopers terwyl die nuwe Yaris reeds geruime tyd in die Ooste diens doen. 

Die nuwe model is dadelik herkenbaar as iets anders en lyk meer na mededinging vir die Honda Jazz. Die groter bakwerk bied natuurlik meer passasier- en bagasieruimte en hoewel dié model meer “volwasse” voorkom, is die bakwerk tog stylvol en aantreklik met baie mooi stileringslyne en detail. 

Al die modelle word met ’n 1.5-petrolenjin toegerus wat ook in die Etios diens doen. Met meer krag en meer spasie in ’n gebruikersvriendelike pakket behoort hierdie nuwe model weer Yaris-verkope aan te wakker.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories