HOOFSTORIES: |
06 April 2018 l Paul Smith | l Views: 170 l 18 days ago |
Die Porsche Panamera is as Motor van die Jaar aangewys. Foto: iol.co.za
En daar wen die Porsche Panamera toe wraggies die gesogte trofee as Motor van die Jaar en word daarmee die vierde Porsche in die afgelope ses jaar wat met die louere wegstap. Natuurlik is daar hope teen-kanting en kritiek omdat so ’n duur premiumvervaardi-ger die kompetisie oorheers. Dít terwyl bekostigbare motors vir die massas nie die beoordelaars kon oortuig om hulle te laat wen nie. Die organiseerders van die kompetisie hou egter vol dat hul keuringsproses regverdig en sonder enige vooroordeel plaasgevind het. Die belangrikste vraag wat tydens die beoordeling gevra word, is of ’n spesifieke motor aan die behoeftes voldoen wat ’n tipiese koper van daardie motor sou hê. Duidelik is Porsche die ver-vaardiger wat tans juis die produk bied wat sy kopers verlang en daarvoor verdien hulle ’n pluimpie. * Paul Smith is ’n motor-liefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae. |
0 Comments