HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Fortuner kry kompetisie uit alle oorde


   04 May 2018   l   Paul Smith    l   Views: 33   l   17 days ago  

 

Só lyk die Isuzu MU-X wat voor Kersfees sy opwagting in Suid-Afrika behoort te maak. Foto: cmhisuzu.co.za


Toyota se uiters gewilde Fortuner het nou maar eenmaal die mark aan die kort hare beet. 

Die Ford Everest verkoop nie naastenby so goed nie en verder is daar nie juis kompetisie vir die Toyota se veelsydigheid nie. Selfs diegene wat nie van ’n Fortuner hou nie, kan nie stry met sy veeldoelige aard wat regstaan om aan enige gesin se behoeftes te voldoen nie. 

Bakkiegebaseerde nutsvoertuie is natuur-lik heelwat meer robuus as die groot vlaag kompakte nuts- en kruisvoertuie wat dikwels eintlik net sedanmotors met baie plastiekafwerking en groot wiele is.

As woonwa sleep en harde agterpaaie met talle insittendes deel van ’n motor se daag-likse dieet uitmaak, is ’n hardebaard nuts-voertuig met bakkie-DNA net die regte ant-woord. 

Natuurlik maak die Fortuner se gewildheid ’n aantal ander vervaardigers effens groene-rig en Nissan het, gegrond op die nuwe Navara, nou ook ’n Terra in Asië bekend-gestel. 

Met dieselfde onderstel, vierwielvermoë en kragbron as die Navara, hoop ons Nissan se slimkoppe sal die Terra ook eendag in ons mark beskikbaar stel.

Dan het Isuzu natuurlik vroeër vanjaar bevestig dat hulle MU-X voor Kersfees sy opwagting in Suid-Afrika sal maak. Isuzu, wat deur GM soos ’n warmpatat gelos is, sal kan doen met die baie mooi lyne van die MU-X op vertoonlokaalvloere. Omdat Isuzu se bakkies so effens kleiner en ligter as die res is, vertoon die MU-X meer kompak en minder lomp en sal Isuzu se doeltreffende enjins, tesame met die ligte bakwerk ’n betroubare, aantreklike en ekonomiese alternatief lewer. 

Die MU-X is nie verniet een van Australië se gewildste modelle nie.

  • Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesins-man en eienaar van die Spur in Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maan-delikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories