HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Koekresep ken die pad na ’n man se hart


   10 August 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 122   l   13 days ago  

 

Suzie Snyman van Yzerfontein sê sy het ’n koekresep wat die pad na ’n man se hart ken. 


Christie Steyn, Die Pos se verslaggewer op Vaalwater, sê haar tannie Suzie Snyman van Yzerfontein het ’n koekresep wat die pad na ’n man se hart ken.

Volgens Snyman en haar vriendinne gebruik hulle dié resep om hul sin te kry, en daarom noem hulle dit die “man-vang-koek”.

Bestanddele:

  • 1 blikkie kondensmelk 
  • 1 blikkie Ideal melk 
  • 1 koppie klappermelk 
  • 2 1/2  koppies koekmeel
  • 1/2  koppie suiker 
  • 3 groot eiers 
  • 3 eetlepels margarine 
  • Vir die versiering:
  • 1 koppie klappermelk 
  • 2 eetlepels suiker 
  • 1 koppie fyn klapper

Metode:

Meng al die bestanddele saam in ’n menger. Gebruik ’n ringpan en maak seker dit is behoorlik gesmeer. Bak teen 180°C vir 30 tot 60 minute, afhangende van die oond. Toets met ’n tandestokkie of die koek gaar is en haal uit die oond.

Vir die versiering:

Plaas al die bestanddele in ’n pan en bring tot kookpunt; dit sal soos kondensmelk lyk. Laat dit afkoel en gooi dit oor die warm koek. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories