HOOFSTORIES: •   Vreugde én trane ná reën   •   Werkers sluit burgemeester en ander hoës toe   •   Modimolle in duister na goeie reën   •   Beware of 'police officers'   •   Suid-Afrika siek en sat vir plaasaanvalle   •   Terug skool toe vir oud-onnie   •   Kinders veilig ná gru-ongeluk   •   Misdaad op Bela-Bela styg   •   Dorp se uitdagings bespreek   •   Hekelkoningin kuier op Vaalwater   •   Jagter nie meer voor vir moord   •   Matrieks op die loopplank   •   Hinderniswedloop ’n eerste   •   Motorfietsryers durp lang pad aan teen plaasmoorde   •   Bekende wedloop om die draai
 

 
 

 

Brande woed by dam


   11 August 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 79   l   2 months ago  

 


’n Brand het op Vrydag, 4 Augustus, in die Fish Eagle bay-omgewing op die Alma-pad buite Bela-Bela gewoed.

Inwoners, buurtwaglede, die munisipale brandweerdienste, asook Working on Fire-personeel, het ingespring om die brand te blus. Selfs lede van APA-ambulansdienste het hand bygesit.

Die brand het oor twee dae gewoed en na die ou Warmbaddam-omgewing versprei waar brandbestryders die vlamme op die ongelyke terrein aangedurf het.

Die brand is uiteindelik onder beheer gebring en geen eiendomme is verwoes nie. Hoewel die vermoede bestaan dat die brand gestig is, is geen klag van brandstigting teen druktyd by die Bela-Bela-polisie aanhangig gemaak nie. 

Kapt. Annemarie Smith, waarnemende speurtakhoof, het gesê indien daar ooggetuies is wat weet hoe die brand gestig is, sal dit baie help indien hulle na vore kom. 

Matema Gwangwa, provinsiale woordvoerder van Working on Fire, het aan Die Pos gesê sedert die begin van die brandseisoen het Working on Fire meer as 50 brande gehelp blus, waarvan nege in die Waterberg-omgewing was.

Die meeste brande het egter die afgelope tyd in die Capricorn-omgewing plaasgevind, maar die brandrisiko is steeds hoog in die Waterberg, het sy gesê.

“Ons raai grondeienaars aan om ons te kontak sodat voorkomingsmaatreëls bespreek kan word. Ons doen ook ’n beroep op die gemeenskap om nie oop vure te maak nie, enige rommel op hulle erwe te verwyder en om seker te maak dat daar brandbane rondom eiendomme is,” het Gwangwa gesê.

Die verbod op die maak van oop vure het sedert Junie in werking getree. Indien grondeienaars brandbane wil maak, kan hulle nou slegs met meganiese prosesse brandbane maak. Brandbane mag nie met oop vure gemaak word nie, aangesien dit teenstrydig met die nasionale veld- en bosboubrandwet is, het die Bela-Bela-brandbeskermingsvereniging vroeër gewaarsku.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories