HOOFSTORIES: •   Eskom gee uitstel vir terugbetaling van skuld   •   Polisie steeds op moordenaars se spoor   •   Plaasaanvalle nie altyd rasgedrewe   •   Swerm bye dood talle diere op plaas   •   Groot klopjag 'n sukses   •   Mookgophong-projekte vorder goed   •   Sielkundiges in hegtenis geneem   •   GPF versterk polisie se hand   •   Vyf jaar vir moord op baba   •   'Onwettige immigrant' vasgetrek   •   'Mercy' for Zimbabweans   •   Brief: Hoekom is radio so stil oor plaasaanval?   •   Hoofartikel: Gooi kole!   •   ERFENISDAG - viering van reënboognasie   •   Kleuterskool blaas 40 kersies dood   •   Rugbyklub vereer spelers
 

 
 

 

Dís mos nou hoe ’n regte bees moet lyk!


   11 August 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 38   l   43 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Inwoners wat wil sien hoe ’n Brahman nou eintlik moet lyk, kan ’n draai maak by die Warmbad Veemark-landbouskou wat van 17-19 Augustus gehou word.

Die skou is hoofsaaklik vir bees- en skaapboere. Benewens die Brahman-streekkampioenskou wat daar gehou word, word die dorperskape se streekswenner ook gekies. Simmentaler, Dexter, boerbok, Kalahari Red-skoudiere en ander vee- en landbou-uitstallings sal ook te siene wees, het een van die organiseerders, Carel Chalmers, gesê.

Daar sal ook kosstalletjies en ’n biertuin wees. 

Bela-Bela se bekende The Voice-sanger, Fatman (Johan Brümmer), tree op Vrydag, 18 Augustus, om 20:00 op. Die koste vir die vertoning is R50.

Die skouveiling van dorpers, witdorpers, boerbokke, Kalahari Reds en Dexters vind op Saterdag, 19 Augustus, om 11:00 plaas. 

Die landbouskou word by Warmbad Veemark se krale gehou. Toegang is gratis. Vir meer inligting, bel vir Chalmers by tel. 082 896 9586.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories