HOOFSTORIES: •   Vreugde én trane ná reën   •   Werkers sluit burgemeester en ander hoës toe   •   Modimolle in duister na goeie reën   •   Beware of 'police officers'   •   Suid-Afrika siek en sat vir plaasaanvalle   •   Terug skool toe vir oud-onnie   •   Kinders veilig ná gru-ongeluk   •   Misdaad op Bela-Bela styg   •   Dorp se uitdagings bespreek   •   Hekelkoningin kuier op Vaalwater   •   Jagter nie meer voor vir moord   •   Matrieks op die loopplank   •   Hinderniswedloop ’n eerste   •   Motorfietsryers durp lang pad aan teen plaasmoorde   •   Bekende wedloop om die draai
 

 
 

 

Modderwater stroom uit Modimolle-krane


   11 August 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 304   l   2 months ago  

 

Só het die water wat op Dinsdag, 2 Augustus, uit die krane op Modimolle getap is gelyk. Die oorsaak was volgens die munisipaliteit ’n gebarste pyp op die Donkerpoortdam-pyplyn. Die probleem was gelukkig van korte duur.


Die onaptytlike bruin water wat op Dinsdag, 2 Augustus, uit Modimolle se krane gestroom het, het talle inwoners die josie in gehad. 

Modimolle het in die verlede herhaaldelik met vuil drinkwater gesukkel, maar die afgelope paar maande was die probleem gelukkig grootliks iets van die verlede. 

Dié week het klagtes egter vanuit verskeie oorde opgeklink. Volgens Thabang Selamela, afdelingshoof van waterdienste by die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, was ’n gebarste pyp op die Donkerpoortdam-pyplyn een van die redes vir die waterprobleme. Die bars het op die hoek van Gholf- en Boshoffstraat gebeur en het tot gevolg gehad dat die reservoir se vlak van 95% na 5% geval het. 

“Wanneer ons die water in die reservoir opvul, word die sediment wat onder in die reservoir is, weer opgeklits,” het hy verduidelik. Bosveldsig-aftreeoord, wat water direk van Magalies af ontvang, is nie deur die probleem geraak nie, maar huise laer af wel. Die watervlakke is aangevul deur boorgatwater en water van Magalies Water af. 

Inwoners van Phagameng het ook die afgelope naweek deurgeloop onder watertekorte weens gebarste pype. “Een van ons probleme is dat ons moet wag vir onderdele. Sodra ons die onderdele het, kan die herstelwerk gewoonlik binne ’n paar uur gebeur,” het Selamela gesê.

Die Donkerpoortdam se watervlak staan volgens Selamela tans op 48%. “Ons bestuur die waterverbruik baie versigtig. As die reën op die verwagte tyd kom, behoort ons genoeg water te hê,” het hy gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories