HOOFSTORIES: •   Eskom gee uitstel vir terugbetaling van skuld   •   Polisie steeds op moordenaars se spoor   •   Plaasaanvalle nie altyd rasgedrewe   •   Swerm bye dood talle diere op plaas   •   Groot klopjag 'n sukses   •   Mookgophong-projekte vorder goed   •   Sielkundiges in hegtenis geneem   •   GPF versterk polisie se hand   •   Vyf jaar vir moord op baba   •   'Onwettige immigrant' vasgetrek   •   'Mercy' for Zimbabweans   •   Brief: Hoekom is radio so stil oor plaasaanval?   •   Hoofartikel: Gooi kole!   •   ERFENISDAG - viering van reënboognasie   •   Kleuterskool blaas 40 kersies dood   •   Rugbyklub vereer spelers
 

 
 

 

Om ’n vrou van vandag te wees


   18 August 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 29   l   36 days ago  

 

Die Dameskring op Vaalwater het op Woensdag, 9 Augustus, ’n heerlike vrouetee aangebied om vroue te inspireer. Op die foto is die kunstenaar Annatjie Krige, Alet Havenga, Alita Rose, Wilma van der Merwe, Dalene Vermaak, Marlene van Staden (burgemeester), Ina Kotze, Rika van Staden en Janet Senekal.


Die Dameskring op Vaalwater het dit goedgedink om vroue op Woensdag, 9 Augustus, tydens Vrouedag te inspireer met ’n heerlike vrouetee. 

Die Dameskring is ’n Christelike Afrikaanse kultuurorganisasie vir vroue en bestaan al die afgelope 50 jaar. 

Met slegs nege lede in die Vaalwater-tak, waarvan Dalene Vermaak die voorsitter is, het die ystervroue ’n wonderlike geselligheid gereël. Die tema van die oggend was: Vrou vir nou. 

Die kunstenaar Annatjie Krige was die eerste spreker. Krige het vertel hoe wonderlik ’n vrou is omdat sy haar huwelik en gesin se “gom” is — slegs deur haar aandag op God te hou. Sy het haar lewensverhaal met die vroue gedeel en haar eie huwelik as voorbeeld gebruik. Sy het ook oor die rol van die vrou, soos dit in die Bybel staan, gepraat. 

Krige het ’n paar keer uit die Bybel aangehaal waarvan Spreuke 31:30 een van die vroue se gunsteling was: “Uiterlike skoonheid hou nie, ’n vrou met ’n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ’n vrou om geprys te word.” 

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, was die tweede spreker. Sy het van haar verantwoordelikhede en rol as ’n ma, vrou en burgemeester vertel. 

Vermaak het aan Die Pos gesê sy en die lede van Vaalwater se Dameskring het geëerd gevoel om Limpopo se uitvoerende bestuurslid, Alita Rose, by die tee te hê. Hulle hoop dat die vrouetee ’n jaarlikse instelling sal word.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories