HOOFSTORIES: •   Eskom gee uitstel vir terugbetaling van skuld   •   Polisie steeds op moordenaars se spoor   •   Plaasaanvalle nie altyd rasgedrewe   •   Swerm bye dood talle diere op plaas   •   Groot klopjag 'n sukses   •   Mookgophong-projekte vorder goed   •   Sielkundiges in hegtenis geneem   •   GPF versterk polisie se hand   •   Vyf jaar vir moord op baba   •   'Onwettige immigrant' vasgetrek   •   'Mercy' for Zimbabweans   •   Brief: Hoekom is radio so stil oor plaasaanval?   •   Hoofartikel: Gooi kole!   •   ERFENISDAG - viering van reënboognasie   •   Kleuterskool blaas 40 kersies dood   •   Rugbyklub vereer spelers
 

 
 

 

Tuinmaak is terapeuties, sê inwoner


   18 August 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 18   l   36 days ago  

 

Wynand van Jaarsveld van Bela-Bela glo dat ’n kleurvolle dorp se geheim in tuinmaak lê. Op die foto staan hy by sy bougainvilleas wat al vir drie jaar in ’n ry blom.


’n Kleurvolle tuin verg belangstelling en voltydse aandag en is veronderstel om deel te wees van ’n vakansiedorp.

Die Pos het by afgetrede Bela-Bela-inwoner, Wynand van Jaarsveld, gaan kuier om oor tuinmaak te gesels.

Die eerste ding wat Van Jaarsveld met trots aan Die Pos gewys het, is die twee kleurryke bougainvilleaboompies wat hy al vir drie jaar voor sy huis instandhou. 

Volgens hom blom hierdie plante vir agt tot nege maande per jaar en is dit pragtig kleurvol.

 “Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat my bougainvilleas steeds kleurvol blom, selfs al is die Augustuswinde aan die kom en die droë maande verby. Tuinmaak is baie terapeuties, al verg dit harde werk. ’n Mens put genot daaruit en dit is lekker as mense jou mooi tuin komplimenteer,” het Van Jaarsveld gesê.

“Om net een keer per week in die tuin te werk, is nie tuinmaak nie. Ons is bevoorreg om ’n boorgat te hê en die tuin groen te hou.”

Van Jaarsveld se raad aan inwoners is om plante wat nie baie water nodig het nie te plant en om moeite te doen om boorgate te sink omdat dit langtermynvoordele inhou.

“Met ’n snoeiskêr, ’n kwaai vrou en genoeg water kan ’n mens baie doen,” het Van Jaarsveld geskerts.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories