HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Raad kyk terug op jaar se goeie vordering


   18 August 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 78   l   3 months ago  

 


Dit is reeds ’n jaar sedert die munisipale verkiesing op Woensdag, 3 Augustus, gehou is. 

Die raad van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, wat deur die DA en sy vennote die VF+ en EFF beheer word, kyk terug op ’n jaar vol uitdagings en talle suksesse, sê Marlene van Staden, burgemeester. 

“Hoewel ons steeds baie uitdagings in die gesig staar, is ons trots op dit wat ons bereik het ondanks ’n chroniese tekort aan fondse en gebrek aan samewerking van die administra-sie af,” het sy gesê. 

Die munisipaliteit het ’n lang lys projekte wat afgehandel is. Van die projekte is onder meer die toerus van vier nuwe boorgate in die Drie Hekke-gebied buite Modimolle, asook ’n nuwe pyplyn en ’n druktoring. ’n Megaliter reservoir is op Vaalwater gebou en die Modi-molle- en Mookgophong-rioolaanlegte is opgegradeer. 

Die Vaalwater-rioolwerke het vir die eerste keer in vyf jaar elektrisiteit. Daar is 12 nuwe boorgate op Modimolle geboor. Daar is ’n 7 km-lange asbespyplyn met ’n PVC-pyplyn op Mookgophong vervang en huise in Wyk 9, Phomolong, en Mookgophong is aan die rioolsisteem gekoppel. Dié inwoners wag na verneem word al langer as tien jaar dat hul toilette kan spoel. 

Verskeie HOP-huise is op Vaalwater en Mookgophong gebou. Die padoppervlak in die hoofpad van Vaalwater is herseël en meer as 10 strate in die munisipale deel is geplavei. Die Lilian Ngoyi-brug op Modimolle, wat die afgelope vyf jaar die oorsaak van groot dispute was, is binne drie maande voltooi. 

Die Lesideng-sportgterrein is opgegradeer en die munisipaliteit het goedkeuring ontvang vir die bou van nuwe klinieke op Roedtan en in Uitbreiding 10, Phagameng. Die bou van ’n nuwe skool in Uitbreiding 10 is ook goed-gekeur. Honderde slaggate en stukkende straatligte is reggemaak. Volgens Van Staden het slegs 28% van alle straatligte aan die begin van 2016 gewerk, maar dit het verbeter na 78%. 

Die munisipaliteit het ook die eerste plaaslike vigsraad in die Waterberg-distrik gestig. Die munisipaliteit se invorde-ringspersentasie het van 58% na 76% verbeter. Hulle beoog ook gratis Wi-Fi-internettoegang op elke dorp in die munisipaliteit se grense. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories