HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Sentrum wemel van polisie ná vals alarm


   18 August 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 155   l   3 months ago  

 

Die Modi Mall is op Vrydag, 11 Augustus, ontruim nadat daar vermoed is dat daar by Edgards Active ingebreek is.


Die Modi Mall op Modimolle het op Vrydag, 11 Augustus, gewemel van polisie en lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ná ’n vals alarm. 

Die polisie het vroegoggend ’n oproep ontvang dat daar moontlik by Edgars Active ingebreek is en dat die verdagtes steeds in die gebou kan wees. Die polisie het die sentrum, asook die dak, gefynkam. Die sentrum se hekke is gesluit en werknemers moes buite wag vir die duur van die soektog. Van die werknemers van ’n selfoonwinkel het onlangs deurgeloop onder ’n gewapende roof en was baie senuagtig. 

“Die veiligheidswag het vroegoggend deur die winkel se venster gekyk en gesien dat die een vertoonkas se glas gebreek was en op die vloer gelê het. Hy het die afleiding gemaak dat daar ingebreek is, wat moontlik gelyk het,” het ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, gesê. Geen alarms het glo afgegaan nie. 

Van die mense op die toneel het bespiegel dat die lugversorging moontlik die vertoonkas se glas kon laat kraak het. 

Talle inwoners het gesê dié voorval was ’n goeie oefening vir die polisie en die GPF se reaksie op noodgevalle. Die polisie se speurtak, honde-eenheid en die stasie se klagtevoertuig was gou op die toneel. Talle lede van die GPF het die terrein se hekke beman en die gebou help deursoek. Teen 09:00 was die sentrum weer oop vir inkopies.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories