HOOFSTORIES: •   Eskom gee uitstel vir terugbetaling van skuld   •   Polisie steeds op moordenaars se spoor   •   Plaasaanvalle nie altyd rasgedrewe   •   Swerm bye dood talle diere op plaas   •   Groot klopjag 'n sukses   •   Mookgophong-projekte vorder goed   •   Sielkundiges in hegtenis geneem   •   GPF versterk polisie se hand   •   Vyf jaar vir moord op baba   •   'Onwettige immigrant' vasgetrek   •   'Mercy' for Zimbabweans   •   Brief: Hoekom is radio so stil oor plaasaanval?   •   Hoofartikel: Gooi kole!   •   ERFENISDAG - viering van reënboognasie   •   Kleuterskool blaas 40 kersies dood   •   Rugbyklub vereer spelers
 

 
 

 

Skok ná nog ’n selfdood


   18 August 2017   l   Andries van der Heyde en Ronél van Jaarsveld    l   Views: 2121   l   36 days ago  

 

Inwoners van Bela-Bela is geskok ná die skielike dood van Jannie van Aswegen (50) van Bela-Bela. Foto: Facebook


Die Bela-Bela-gemeenskap is wéér in rou nadat Jannie van Aswegen (50), ’n geliefde inwoner en pa van twee pragtige dogters, vermoedelik op Dinsdag, 15 Augustus, sy eie lewe by die ou-Warmbaddam op die Alma-pad geneem het.

Dit is die sesde selfdoodgeval binne ’n kort tydperk waaroor Die Pos berig.

Lede van die gemeenskapspolisiërings-forum (GPF) sektor 1 en vriende van Van Aswegen het die oggend ’n soektog na hom geloods nadat hy glo werkers afgelaai en nooit weer gesien is nie.

Van Aswegen was ’n boukontrakteur in die omgewing.

Volgens verklarings van die Bela-Bela-polisie en die GPF het die soekspan Van Aswegen die Dinsdagaand by die dam ge-vind. Hy het homself vermoedelik opgehang.

Die Warmbad-nooddienste het hom op die toneel dood verklaar.

Sers. Hester van Zyl, polisiewoordvoerder op die dorp, het gesê ’n geregtelike nadoodse ondersoek is geopen.

’n Selfmoordbrief is na wat verneem word in Van Aswegen se bakkie by die dam gevind.

Talle boodskappe vanuit die gemeenskap stroom steeds in waarin mense hul simpatie met die Van Aswegen-gesin deel.

Laerskool Warmbad, waar Van Aswegen se vrou, Marinda, voorheen as onderwyser gewerk het, het in ’n boodskap gesê hulle simpatiseer met die gesin en wens hulle sterkte toe vir die pad vorentoe.

“Sterkte aan Marinda, die kinders en almal wat betrokke was in Jannie se lewe. Ons bid julle sterkte, vrede en liefde toe,” het nog ’n boodskap van die GPF CBD-groep gelui.

Mark Maguire, ’n vriend van Van Aswegen, het die dag ná sy dood ’n hartroerende video op Facebook geplaas waarin hy mans aanmoedig om hulp te soek as hulle oorweldig voel deur die lewe. 

“Ons het ’n vriend, ’n pa en ’n man verloor. Dit breek my hart,” het hy in die video gesê. “Jannie, ons gaan jou mis.”

Hy het by navraag gesê sy vriend was “’n ongelooflike man vir sy vrou en pa vir sy kinders, asook ’n puik sportman. Van Aswegen het gereeld tydens die plaaslike Zebellas-gholfklubtoernooie uitgeblink.

Nog ’n vriend wat by was tydens die soektog, Jacques Roos, het aan Die Pos gesê dit was ’n baie hartseer aand.

“Ek en Oubaas Jan (Van Aswegen) was van skooldae af hier op Bela-Bela vriende. Ek het hom en sy vrou, Marinda, aan mekaar voor-gestel en ons is in 1994 ’n week ná mekaar getroud. Ons kom al só ’n lang pad saam,” het hy gesê.

Maguire het namens die familie die GPF, Roos, Eddie Gower en die polisie bedank wat na Van Aswegen help soek het. 

Geen begrafnisreëlings is teen druktyd bekendgemaak nie.

Van Aswegen laat sy vrou, Marinda, en sy twee dogters, Deané en Kyla, agter.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories