HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Pienaarsrivier-rioolprobleme eersdaags opgelos


   06 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 52   l   4 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Inwoners van Pienaarsrivier wat daagliks met rioolprobleme te doen kry, is bekommerd dat instandhoudingswerk nie behoorlik gedoen word nie aangesien riool steeds in die strate vloei. 

Die Bela-Bela-munisipaliteit het in Augustus bekendgemaak dat hulle beplan om dié dorp se rioolaanleg op te gradeer. Die dreine loop gereeld oor en inwoners moet met die stank en gepaardgaande gesondheidsrisiko’s saamleef. 

David Rabololo, munisipale woordvoerder, het aan Die Pos gesê die assesseringstydperk vir die projek is reeds verby en die ontwerptydperk het ook amper verstryk.

“Die primêre doelwit is om die riool aanhoudend te behandel, maar die ou infrastruktuur is die aanvanklike rede waarom die riool oorloop. Die ingenieur is reeds by die aanleg besig om te bepaal waar en hoe die nuwe pype en strukture gelê moet word.”

Rabololo het gesê die opgradering se eerste fase moet teen Junie 2018 voltooi wees, waarna daar met die tweede fase begin sal word. Daar is aanvanklik R5 miljoen daarvoor begroot.

Rabololo het gesê die resestydperk in Desember is net van toepassing op die munisipale raad. Die bestuur gaan egter in Desember beskikbaar wees om toe te sien dat munisipale dienste aan inwoners gelewer word en probleme, soos dié op Pienaarsrivier, hanteer word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories