HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

AfriForum verskaf teer vir herstelwerk


   06 October 2017   l   Carina Bester    l   Views: 127   l   13 days ago  

 

AfriForum het met hul Selfdoen is beter as niksdoen-veldtog teer aan die departement van openbare werke, paaie en infrastruktuur beskikbaar gestel om slaggate op die R520 buite Mookgophong te herstel. Saam met die werkers op die foto is Philip van Staden, AfriForum-voorsitter op die dorp, en Nora Lekala, bestuurder by die kostesentrum.

 


Ná heelwat klagtes is die slaggate op die R520, die pad na die mineraalbronne, buite Mookgophong herstel.

Heelwat vakansiegangers en inwoners van Die Oog-aftreelandgoed maak daagliks van die pad gebruik en volgens Philip van Staden, AfriForum-voorsitter op die dorp, het AfriForum hulp aangebied met die aankoop van die teer om die gemeenskap te beveilig. Die herstelwerk aan die pad is deel van AfriForum se Selfdoen is beter as niksdoen-veldtog. Volgens Van Staden het hulle die projek in samewerking met die departement van openbare werke, paaie en infrastruktuur aangepak. 

Die werkers het op Maandag, 2 Oktober, die gate met teer gevul danksy ’n plaaslike sakeonderneming se goedhartigheid. “Die onderneming het 70 sakkies teer teen ’n baie billike prys aan ons beskikbaar gestel,” het Van Staden gesê. Van Staden het op Maandag aan Die Pos gesê hulle gaan waarskynlik nog teer benodig. 

Nora Lekala, kostesentrumbestuurder op Mookgophong, het gesê hulle het ’n verskafferprobleem ondervind en dat dit die rede is waarom hulle nog nie die pad kon herstel nie. “Ons het die befondsing, maar daar was ongelukkig ’n oponthoud met die verskaffing van die teer,” het sy gesê.

Sy het AfriForum bedank vir hul hulp om die pad te beveilig en gesê hulle gaan probeer om die oponthoud met die verskaffers uit te klaar.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories