HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

So staan sake ná Spar-brand


   06 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 245   l   13 days ago  

 

Die personeel van Bela-Bela SuperSpar het die afgelope week by verskeie liefdadigheids-instansies op die dorp betrokke geraak. Hier is van die personeel aan die werk by die Reamogetswe Disability Centre in die townhsip.


Die personeel en bestuur van SuperSpar op Bela-Bela het nie gaan lê nadat dié supermark op Saterdag, 23 September, afgebrand het nie. 

Die Pos het vroeër berig die brandweer het tydens die brand gesukkel met die regte toerusting aan hul brandslange. Hulle was ook genoodsaak om water by noodreservoirs op die dorp te gaan haal aangesien die dorp se krane dié nag — soos talle ander aande — dolleeg was. 

Eerste Nasionale Bank en Standard Bank, asook die gebou waaruit Tops sake doen, is nie in die brand beskadig nie en is weer oop vir sake.

Opruimingswerk en risikobestuur word tans gedoen en afval word in groot houers weggeneem. Die week ná die brand het ’n skerp, stink reuk van verrottende materiaal steeds oor die perseel gehang.

Die forensiese ondersoek na die oorsaak van die brand was teen druktyd nog nie afgehandel nie.

Spar se sowat 150 personeellede meld egter steeds daagliks in volle uniform aan vir werk. Hulle het vandeesweek hul moue opgerol en begin om as deel van dié winkelgroep se I am Spar-visie by gemeenskapsprojekte op Bela-Bela betrokke te raak.

Die groep het op Maandag, 2 Oktober, begin om dienste te verrig in Bela-Bela-dorp en die omliggende township. Hulle was onder meer by Laerskool Warmbad, die praktyk van drs. Emslie & De Jonge, Reamogetswe Disability Centre, Bela-Bela High School, Huis Tekna, Nyaope Rehability Centre en die Sanfa-stadion. 

Volgens Carel Coetzee, eienaar van SuperSpar, sal hulle vir die volgende paar maande 30 uur per week diens in die Bela-Bela-gemeenskap verrig.

Intussen het SuperSpar se bestuurslede vir tyd en wyl hul kantore in die perseel langs Altra Juweliers in die sentrum ingerig.

Kliënte kan steeds die groot parkeerterrein voor Spar, asook die parkeerterrein in Pretoriastraat gebruik.

Volgens Coetzee sal SuperSpar-lojaliteitkaartpunte (loyalty points) steeds aan kliënte uitbetaal word en enige ander inligting daaroor sal per SMS aan kliënte bekendgemaak word.

Dienste- en liefdadigheidsorganisasies, asook skole wat hulp benodig in hul tuine of met daaglikse take, asook spesiale projekte en graag van Bela-Bela SuperSpar se personeel gebruik wil maak, kan vir Lize Coetzee vir meer inligting bel by tel. 082 644 6403.

Die bestuur wil weer hul kliënte bedank vir hul ondersteuning en goeie wense tydens hierdie moeilike tydperk.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories