HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

DA sê rooiligte flikker vir Bela-Bela-finansies


   06 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 390   l   13 days ago  

 


Die DA op Bela-Bela het hul kommer uitgespreek dat agterstallige skuld en die wanbesteding van munisipale geld die dorp in verdere skuld gaan dompel.

Dit volg nadat die transformasie- en bestuur/begroting- en tesourie-subkomi-teevergadering nooit op Woensdag, 30 Augustus, plaasgevind het nie. 

Die komitee sou die begrotingsverslag vir die tydperk tot Augustus, asook die korpo-ratiewe dienste afdeling se maandelikse verslae, bespreek het. 

Tinus Ras, DA raadslid en lid van die finansiële komitee, het gesê van die lede het nooit vir die vergadering opgedaag nie. 

Die vergadering het egter op Dinsdag, 26 September, plaasgevind waartydens ’n nuwe verslag voorgelê is wat die DA steeds bevraagteken. 

Volgens Ras doen die munisipaliteit slegs noodinstandhoudingswerk wanneer iets op die dorp fout gaan of breek. Ras het gesê die verslag dui aan dat die munisipaliteit sedert Julie slegs 0,42% van die munisipale begroting op instandhouding bestee het, terwyl dit tussen 8% en 10% behoort te wees. 

Daar is slegs 5% op kapitale projekte uitgegee en dit is waarskynlik dat van die staatstoelaes na die volgende boekjaar oorgedra gaan word.

Die DA het ook vrae oor die hoeveelheid geld wat uit staatstoelaes in die munisipaliteit se bankrekening behoort te wees nadat die hulpbehoewendes (indigents) ten volle vergoed is.

Verder beloop die betaling aan munisipale werkers vir die laaste termyn 37% van die munisipale begroting, het Ras gesê. 

“Ons verneem dat die munisipaliteit 39 nuwe munisipale poste geskep en gevul het, en dit sal veroorsaak dat die 37% van die begroting wat op salarisse bestee moet word, na 40% sal styg. Dit is net nie haalbaar nie.” Ras het verder gesê die munisipaliteit wil na verneem word nóg aanstellings maak. 

Skuldinvorderings het in die Julie-verslag op 98% gestaan, maar einde Augustus na 86% gedaal. Bedryfsuitgawes het op 15% gestaan — minder as die voorgeskrewe maandelikse 17%.

Ras het gesê die 50% korting wat die munisipaliteit vroeër aan inwoners wat agterstallig is toegestaan het, is die rede dat skuldinvordering in Julie toegeneem het. Dit benadeel egter die gereelde betaler. Die DA is bekommerd dat dié korting in die toekoms ’n negatiewe uitwerkings kan hê, het Ras gesê.

Verder heers daar ook finansiële kommer oor die hangende hooggeregshofsaak rakende die voormalige diensverskaffer, Dikala Plant Hire CC, asook agterstallige betalings wat aan Balimi Barui Trading (BBT) gemaak moet word. BBT het dienste ter waarde van miljoene rand aan die munisipaliteit gelewer, het Ras gesê. 

Dikala Plant Hire het die munisipaliteit destyds hof toe gesleep nadat hul kontrak gekanselleer is. Die hof het in Dikala Plant Hire se guns beslis en daar is bevind dat die munisipaliteit hulle moet terugbetaal. 

Luidens die verslag skuld die munisipaliteit BBT tans R1 601 233,38 en vir Dikala Plant Hire R15 793 358,12. 

’n Appèlaansoek wat die munisipaliteit teen die Dikala-uitspraak gebring het, word eers in Maart 2019 aangehoor.

Fawcett Security, nóg ’n munisipale diensverskaffer wie se kontrak gekanselleer is, eis ook betaling van die munisipaliteit. 

Die hooggeregshof het ook vroeër in Fawcett se guns uitspraak gelewer. 

Die munisipaliteit het in Augustus ’n aansoek ingedien om die uitspraak nietig te verklaar en wag tans vir verdere verwikkelinge.

Ras het gesê hierdie sake kan die munisipaliteit se beursie in die toekoms toeknyp.

Hy het ’n beroep op inwoners gedoen om toe te sien dat hulle rekeninge betaal is.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories