HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Kinders veilig ná gru-ongeluk op N1


   13 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 2140   l   2 months ago  

 

Twee kinders van Modimolle is beseer tydens ’n ongeluk toe hulle na ’n tennisbyeenkoms in Polokwane onderweg was. Die gesin se Toyota Fortuner en ’n Hyundai-bakkie het teen mekaar gebots en nog ’n voertuig is getref.


’n Gesin van Modimolle het verlede week ’n noue ontkoming gehad ná hulle in ’n gru-botsing op die N1-snelweg buite Modimolle in die rigting van Polokwane betrokke was.

Lt.kol. Johan Bezuidenhout was op Donderdagoggend, 5 Oktober, saam met sy twee kinders, Wihan en Jowiné, op pad na ’n tennisbyeenkoms in Polokwane. Wihan is ’n gr. 4-leerder aan Laerskool Nylstroom en Jowiné is in gr. 8 aan Hoërskool Nylstroom. 

“Ons het verby die hoë onge-luksone gery en ek het vir die twee kinders gesê hierdie is die gevaarlikste plek op die N1. Skaars 2 km verder was ons in die ongeluk,” het Bezuidenhout gesê. Dié deel van die pad het nie ’n middelman nie, maar slegs strepe op die pad. Voertuie beweeg baie vinnig in albei rigtings. 

Volgens die provinsiale verkeerspolisie het die ongeluk tussen die Bezuidenhouts se Toyota Fortuner en ’n aankomende Hyundai-bakkie om ongeveer 04:30 gebeur. Nog ’n Hyundai-motor is getref. 

’n Vyftigjarige man in een van die ander voertuie is dood in die ongeluk. Sy naam is nie bekendgemaak nie.

Wihan en Jowiné is na ’n Pretoriase hospitaal gehaas waar Wihan opgeneem is vir hoofbeserings en Jowiné vir skade aan haar lewer en gebreekte beentjies in haar een voet. 

“Ons het groot geskrik en is baie dankbaar die kinders het nie seerder gekry nie,” het Bezuidenhout gesê.

Die kinders is teen Saterdag, 7 Oktober, reeds uit die hospitaal ontslaan.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories