HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Terug skool toe vir oudonderwyser


   13 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 154   l   6 days ago  

 

Erna Human van Modimolle en Johann Heymann, het 50 jaar gelede aan die Hoërskool Menlopark in Pretoria gematrikuleer.


As ’n mens soveel jare in skole deurgebring het, vloei daar rooipen-ink eerder as bloed deur jou are en is daar seker meer as net ’n tikkie heimwee as ’n mens afgetree het.  

Erna Human, ’n inwoner van Modimolle, het haar uitnodiging na hul 50ste skoolreünie met ’n goeie skoot humor aangepak. 

Human het in 1967 aan Hoërskool Menlopark in Pretoria gematrikuleer. Sy het onderwys studeer en was vir tien jaar lank skoolhoof by Klein Treetjies-kleuterskool op Modimolle. Daarna het sy ook 12 jaar lank vir die graad eentjies by Laerskool Nylstroom klasgegee. 

Vir die reünie in September vanjaar het sy vir haar ’n replika van die destydse skooluniform laat maak. Die groep 1967-matrikulante het op Vrydag, 15 September, die skoolopening bygewoon en Human het haar “skoolklere” aangetrek. 

“Dit was groot pret. Die kinders én my ou skoolmaats het hulle slap gelag,” het sy laggend vertel. Sy het egter nie rekening daarmee gehou dat haar naels nog bloedrooi geverf is nie en haar skoolmaats het haar gou herinner dat sy 50 jaar gelede gestuur sou word om te gaan gras plant as straf! 

“Die skool het só verander sedert ons leerders was. Dit het so uitgebrei en lyk pragtig,” het sy gesê. Dié groep matrikulante was die skool se eerste groep standerd sesse. Die aktrise Jana Cilliers was een van die 1967-groep. Haar ma, die bekende kunstenaar Bettie Cilliers-Barnard, het die skool se wapen ontwerp. Dit is gebaseer op die Hugenote-kruis. “Jana het een van haar ma se eerste sketse van die skoolwapen opgespoor en dit aan die skool oorhandig,” het Human vertel. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories