HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Modimolle in duister ná goeie reën uitsak


   13 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 567   l   2 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Die eerste reën van die seisoen is met ope arms op Modimolle verwelkom, maar die uitgerekte kragonderbrekings wat daarop gevolg het, het ’n kouer ontvangs gehad. 

Inwoners van dié dorp weet al as die reën val en die weerlig slaan, moet ’n mens solank jou flitslig en gasstofie gaan soek. 

Groot gedeeltes van die dorp se krag het op Saterdag, 7 Oktober, net ná 17:00 tydens ’n reënbui afgegaan. Dit het tot groot ontsteltenis onder rugbykykers gely wat nie die naelbytrugbytoets tussen die Springbokke en die All Blacks kon kyk nie. Die kragtoevoer is die aand weer herstel. 

Dit was spitstyd op Maandagoggend, 9 Oktober, om 06:00 op dienslewerings-groepe met inwoners wat wou weet waarom die krag af is. Dit het die vorige nag goed gereën en die hele dorp se kragtoevoer was af.  

Johann Abrie, speaker van die raad, het op die inligtingsgroep gewaarsku dat dié reënseisoen heel moontlik met gereelde kragonderbrekings gepaard sal gaan. 

Die probleem was volgens Jones  Madisha, hoof van die elektriese afdeling, ’n aardfout wat Eskom se kragtoevoer, asook Modimolle se dorpsgedeelte en Phagameng, beïnvloed het.  

Marlene van Staden, burgemeester, het gesê die weerlig het een van Eskom se stroombrekers beskadig. Eskom het voorraad op Lephalale gehad wat gehaal moes word. “Dit is eers toe dié stroom-breker vervang is dat die elektriese span kon sien waar die ander probleme lê,” het Van Staden verduidelik. 

“Ons span doen regtig hul bes om so gou moontlik te reageer en werk tot baie laat saans. Madisha is self ure lank op die toneel vanwaar hy die werk koördineer,” het sy gesê.

Die dorp se krag is stuk-stuk aangeskakel. Kerk-, Kroep-, Thabo Mbeki- en dele van Nelson Mandelastraat se toevoer was Dinsdagoggend steeds af en ondernemings het benoud geraak oor die inkomste wat hulle verloor. Die hele dorp se kragtoevoer was teen 15:00 weer herstel.  

“Ons verwag vanjaar erge storms. Ons probeer om ekstra voorraad aan te koop, maar ons kan nie alles aanhou nie. Instandhoudingswerk wat vir jare lank nie gedoen is nie, haal ons nou in,” het Van Staden gesê.

  • Die swaard dat Eskom Modimolle en Mookgophong se kragtoevoer kan afsny oor uitstaande skuld, hang steeds oor die munisipaliteit se kop. 

    “Ons het vir die tydperk 31 Augustus tot 9 Oktober sowat R15 miljoen aan hulle oorbetaal. Ek het nie die jongste bedrae nie omdat dit deur die munisipale bestuurder hanteer word, maar ons skuld seker nog so R5 miljoen. Ek hoop solank ons aanhou om te betaal, hulle nie die kragtoevoer sal afsny nie,” het Van Staden gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories