HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Man verdrink amper in swembad


   13 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 1137   l   2 months ago  

 

’n Vakansieganger het verlede naweek byna by ’n gastehuis op Bela-Bela ver-drink nadat hy in ’n swembad geduik en bewusteloos uit die swembad gehaal is. Op die foto is paramedici besig om die man op die toneel te behandel. Foto: Verskaf


’n Vakansieganger het by die dood omgedraai toe hy op Saterdag, 7 Oktober, byna by ’n gastehuis op Bela-Bela verdrink het.

Andy Gill van APA-ambulansdienste het aan Die Pos gesê hulle is na die gastehuis ontbied nadat ’n vakansieganger in ’n swembad geduik en bewusteloos uitgehaal moes word. 

Die man, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het glo sy kop hard gestamp toe hy ingeduik het.

Gill het gesê die man het met hul aankoms geen hartklop gehad nie en paramedici was genoodsaak om noodbehandeling op hom toe te pas.

Die nooddienswerkers het ná ongeveer 20 tot 25 minute weer ’n hartklop gehoor.

Volgens Gill is die man na die Warmbad-hospitaal geneem, waar hy weer self begin asem haal het, maar hy was steeds bewusteloos.

Die eienaar van die gastehuis wou teen druktyd nie kommentaar lewer oor die voorval nie, omdat dit vir die personeel ’n traumatiese ervaring was. 

In aanloop tot die feesseisoen is verdrinkings ’n groot bekommernis, het Gill gesê.

Hy raai mense wat swembaddens besit aan om toe te sien dat veiligheidsnette opgerig word of om swembadalarms te installeer wat afgaan wanneer iemand inval. Verder moet kinders onder gereelde toesig bly en onervare swemmers moet opblaasvlerkies dra. Hy het ook voorgestel dat kinders van jongs af geleer word om te swem.

Verder moet reëls — soos om induik te verbied — ingestel word indien die swembad vlak is. Nog reëls sluit in dat niemand om die swembad mag hardloop nie aangesien dit glad kan wees, niemand mag in die water gestamp word nie en ’n noodhulptas moet byderhand gehou word.

Gill het gesê dit is voordelig dat mense leer hoe om noodhulp self toe te pas.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories