HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Kwaai werkers sluit burgemeester en ander hoës toe


   13 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1629   l   4 months ago  

 

Die burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, Marlene van Staden en ander hooggeplaastes is Woensdag, 4 Oktober, deur ontstoke werkers in die munisipale gebou toegesluit.


Sowat 200 ontstelde lede van die munisipale werkersunie (Samwu) het op Woensdag, 4 Oktober, die burgemeester, hoofsweep en munisipale bestuurder van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit by die munisipale gebou op Mookgophong vir langer as drie uur toegesluit. 

Die werkers het glo daarop aangedring dat hul posvlakke verhoog word tot graad drie en hul salarisse aangepas word. Vóór die samesmelting van die twee dorpe, was Modimolle ’n graad 3-munisipaliteit en Mookgophong ’n graad 2-munisipali-teit. Die salarisvlakke vir die verskil-lende graderings verskil. 

Marlene van Staden (burgemeester), Dingaan Motshwene (hoofsweep), OP Sebola (munisipale bestuurder) en raadslede Klaas Mabunda en Hercules Louw is saam met talle ander munisi-pale werkers in die gebou toegesluit nadat die stakers die hekke toegemaak en geweier het dat iemand die terrein verlaat. 

“Ons is nie by magte om dié veran-derings te maak nie,” het Van Staden aan Die Pos gesê. “Die onderhande-linge vind op nasionale vlak plaas. Volgens die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) en die bedingingsraad is die proses reeds aan die gang, maar die inwerkingstelling daarvan sal eers vanaf 1 Julie 2018 begin,” het sy gesê.

Van Staden het ’n brief aan die werkers oorhandig waarin sy onderneem dat die probleem voor die volgende raadsvergadering op Woensdag, 25 Oktober, bespreek sal word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories