HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Vreugde én trane ná reën


   13 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 803   l   4 months ago  

 

Hierdie leerders van Hoërskool Warmbad het die afgelope week in die plasse reënwater op die feesterrein oorkant Forever Resorts baljaar. Thristan Maritz, Kyle Senekal, Christian Heuer, Jude Schabort en Sesheng Phokane was waternat ná al die pret. Foto: Herman Steyn


Die eerste reën het ná ’n lang en droë winter uiteindelik in die Waterberge uitgesak.

Volgens die Waterberg Distrikslandbou-unie het die Leeupoort-omgewing tussen 25-70 mm, die Mabula-omgewing 70 mm, Bela-Bela 30-40 mm, Loubad 80-100 mm en die Lehau-omgewing 70 mm reën gehad.

Swaar wolke het verlede naweek oor groot dele van die land gehang wat rampspoedige gevolge op Maandag, 10 Oktober, gehad het. Hewige donderstorms, swaar reën en sterk winde het amok gemaak in dele van Gauteng, die oostelike dele van Noordwes, die Oos-Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo.

Twee tornado’s het verwoesting in Ruim-sig, Roodepoort, Bethulie in die Vrystaat en naby Eloff in die Delmas-omgewing gesaai. Hael so groot soos gholfballe het in die Krugersdorp-omgewing geval.

Skade is regoor die land aangerig en honderde mense is dakloos gelaat — meestal in die Krugersdorp- en Roode-poort-omgewings. 

Talle openbare en nasionale paaie was ook onder water, veral in Gauteng en KwaZulu-Natal, en gerugte van sterftes weens die storms het teen druktyd ook die ronde gedoen.

Die weerdiens waarsku dat donderstorms teen Saterdag, 14 Oktober, weer in dele van die land kan uitsak.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories