HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Bela-Bela groet ‘oom Floors’


   03 November 2017   l   Keina Swart    l   Views: 22   l   3 months ago  

 

Floors van Vreden (86) van Bela-Bela is die afgelope week oorlede. Saam met hom op die foto is sy vrou, Annatjie, met wie hy 64 jaar getroud was.


’n Bekende en geliefde inwoner van Bela-Bela, Floors van Vreden (86), is op Maandag, 30 Oktober, in die Warmbad Rusoord, waar hy afgelope jaar versorg is, oorlede.

Volgens sy vrou, Annatjie (82) het haar man se gesondheid die laaste drie maande baie agteruitgegaan.

Die egpaar is vanjaar 64 jaar getroud. Hulle het voorheen op die plaas Wonderfontein in die Belfast-omgewing geboer waar hulle ’n melkery en saaiboerdery bedryf het. Hulle het in September 1995 na Bela-Bela verhuis en in die Renaissance-aftreeoord afgetree. Annatjie woon steeds daar.

Die familie koester baie mooi herinneringe aan “oupa Floors”. Hy was baie geliefd by sy mense, maar ook oral op die dorp. “As Oupa gelag het, het hy met sy hele lyf gelag,” is hoe een van die niggies hom so mooi opsom, vertel sy vrou.

Floors laat twee kinders, vyf kleinkinders en nege agterkleinkinders na.

Die familie is baie dankbaar teenoor almal wat hulle die afgelope ruk bygestaan het, en het veral hul dank teenoor die personeel van die Warmbad Rusoord uitgespreek vir die liefdevolle manier waarop hulle Floors versorg het. 

’n Gedenkdiens word vir hom op Saterdag, 4 November, om 11:00 vanuit die NG Moedergemeente gehou.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories