HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Stephen Nel snr. van Bela-Bela verloor stryd teen slukdermkanker


   03 November 2017   l   Keina Swart    l   Views: 28   l   19 days ago  

 

Stephen Nel (69) van Bela-Bela is die afgelope naweek oorlede nadat hy in April met kanker gediagnoseer is.


Stephen Nel snr. (69), ’n bekende inwoner van Bela-Bela, is die afgelope naweek oorlede nadat hy in April vanjaar met kanker gediagnoseer is.

Nel is Saterdagaand, 28 Oktober, by sy huis op die Roodepoort-hoewes oorlede.

Volgens ’n familielid het hy bestraling en chemoterapie ondergaan nadat kanker van die slukderm by hom gediagnoseer is. Hy was vir ’n rukkie kankervry, maar die siekte het daarna weer opgevlam en versprei. 

Hy en sy vrou, Estelle (68), het voorheen op Grootvlei in Mpumalanga, geboer. Die egpaar het sowat 17 jaar gelede Bela-Bela toe verhuis en daarna saam Estelle Nel Taxidermy op die been gebring en bestuur. Hulle is die afgelope paar jaar afgetree.

Die egpaar was sowat twee jaar gelede in ’n motorongeluk naby Springs betrokke, waarin Estelle baie ernstige beenbeserings opgedoen het. Sy het reeds verskeie operasies ondergaan en ’n lang pad na herstel lê steeds vir haar voor. 

Stephen word oorleef deur vyf kinders, Francois Nel van Polokwane, Johan Nel van Somerset-Wes, Stephen Nel van Bela-Bela, Foeta Nel van Pretoria en Veronica Nel van Bela-Bela. Hy laat ook tien kleinkinders na. 

Sy begrafnis vind op Sondag, 5 November, om 13:00 vanuit die NG-gemeente Warmbad-Wes plaas.

Die familie bedank almal wat hulle die afgelope klompie maande bygestaan het.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories