HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Iemand wat kan help tydens trauma


   03 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 63   l   19 days ago  

 

Inwoners kan gebruik maak van die plaaslike kapelaans-diens nadat ’n trau-matiese  voorval plaasgevind het. Hulle verskaf gratis krisisberading. Op die foto is Gerard Swart en Martie de Jager van die kapelaansdiens op Bela-Bela. 

 


Slagoffers, hul naastes, nooddienste en selfs die polisie kan sterk emosies beleef nadat hulle by ’n tragiese voorval betrokke was. 

Die Pos het met Martie de Jager en Gerard Swart van die Kapelaansdiens van Suid-Afrika (Emergency services chaplaincy of South Africa) gesels om oor krisisberading te gesels.

“Wanneer daar ’n traumatiese voorval plaasgevind het, is dit ons eerste prioriteit om na die polisiebeamptes en nooddienswerkers om te sien aangesien ongevalle hulle ook raak. Tweedens is ons daar om die families by te staan totdat ’n ander persoon die ondersteuningsrol by ons kan oorneem,” het De Jager gesê.

Sy het gesê kapelane help onder meer families om toe te sien dat hulle ten volle bewus is van wat hulle presies teken wanneer hulle sekere dokumentasie by lykshuise of die hospitaal moet indien of teken. Dit kan gebeur dat emosionele mense nie begryp wat volgende moet gebeur of hoe hulle dit moet doen nie, het De Jager gesê. 

“Krisisberading is egter nie ’n langtermyn-oplossing nie. Dit is kapelane se hoofdoel is om in te tree, te stabiliseer en die persone na die relevante mense of instansie te verwys, soos ’n sielkundige of ’n hospitaal,” het Swart gesê.

“Ons wil mense help om hul toekoms met moed aan te pak ná ’n traumatiese voorval.”

De Jager het gesê hulle doen ook opvolgwerk.

Desember en Januarie is gewoonlik ’n stresvolle tydperk. Daar is slegs vier permanente maatskaplike werkers in die Bela-Bela-omgewing beskikbaar. Daar het onlangs meer mense aansoek gedoen om in die omgewing as kapelane op te tree, het De Jager gesê.  

Hierdie groep sal waarskynlik hul opleiding teen Desember voltooi het en as permanente kapelane kan optree.

“Ons wil keer dat mense uitbrand en hulle eerder meer doeltreffend maak.”

“Die feit dat ons op die toneel was, beteken ons is vertroud met die situasie en mense kan ons vertrou. Ons word geensins vir ons dienste betaal nie en is gewillig om hierdie roeping te aanvaar. Trauma gebeur daagliks met ryk en arm mense.”

Die huidige kapelane en dié wat steeds besig is om hul opleiding te voltooi, is Swart, De Jager en Leana Ipland op Bela-Bela, Delea Eksteen en Wilma Heymans op Modimolle en Lizette en Pieter van den Berg op Mookgophong.

De Jager tree tans as die skakelbeampte vir enige noodgevalle op. Mense kan haar enige tyd bel by tel. 073 796 7478.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories