HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Egpaar loop huwelikspad al 70 jaar saam


   10 November 2017   l   Carina Bester    l   Views: 75   l   12 days ago  

 

Hennie (91) en Maureen(88) Oosthuizen het op Woensdag, 8 November, hul 70ste huweliksherdenking gevier. Hulle woon die afgelope 33 jaar op Mookgophong. 


’n Egpaar van Mookgophong het op Woensdag, 8 November, hul 70ste huweliksherdenking gevier. 

Hennie (91) en Maureen (88) Oosthuizen is in 1947 in Eskort, KwaZulu-Natal, getroud. “Ons het mekaar tydens ’n volkspele ontmoet. Ek het in ’n Engelse huis grootgeword en my ma het later, ná my pa se afsterwe, met ’n stoereboer getrou. Hy het vir my ma gesê ‘hierdie kind moet leer om Afrikaans te praat; ons gaan haar volkspele toe vat’. Min het ek geweet ek gaan my man daar ontmoet.”

Die egpaar het tydens die Tweede Wêreldoorlog grootgeword. Maureen vertel dat Pietermaritzburg, waar haar gesin gewoon het, elke aand ligte-uit gehad het omdat die dorp se liggies van die see aan Durban se kant gesien kon word. “Ons het swart gordyne voor ons vensters gehad sodat die lig nie saans gesien kon word nie.” 

Hennie het vertel dat die treine en selfs die motors “kappies” met ’n swart skerm gehad het sodat dit nie vanuit die lug gesien kon word nie.

Hennie was in die boubedryf betrokke en doen steeds ligte werkies soos verfwerk vir mense. Maureen is al die jare nog ’n tuisteskepper. Die egpaar het 33 jaar gelede na Mookgophong verhuis en volgens Hennie is dit die lekkerste plek waar hy nog gewoon het.

Die egpaar is steeds aktief betrokke in die gemeenskap en is deel van die jukskei-, voëlkyk- en stapklub. Hennie vertel dat hy op Dinsdae ook help om die inwoners van die Tuiste vir bejaardes in hul rolstoele deur die strate te stoot. Verder is hy lief daarvoor om blokkiesraaisels in te vul en Maureen is versot op lees. 

“’n Mens moet onthou die Here moet altyd in jou huwelik wees — dit is die belangrikste. As godsdiens nie in die huis is nie, sal dit nie goedgaan nie,” was Maureen se antwoord oor hul lang lewe saam. Hennie het ook gesê dit is net genade van Bo. 

Die egpaar het vier kinders, ses kleinkinders en ses agterkleinkinders.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories