HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Werknemer ‘gerooster’ ná moles in restaurant


   10 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 242   l   3 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


’n Werknemer van Spur het drie weke gelede vir groot verleentheid gesorg nadat sy glo laatnag amok gemaak het by ’n ander restaurant op Modimolle. 

Die werknemer, wie se naam aan Die Pos bekend is, het volgens Pep Silvestri, eienaar van Pepe’s Restaurant, sy personeel gedreig dat die kettingrestaurant regstappe sal neem omdat Pepe’s glo hul spesiale aanbiedinge na-aap. Sy het glo onder meer verwys na aanbiedinge op pizzas en burgers. Die vrou was glo in ’n Spur-hemp geklee en het haarself bekendgestel as ’n werknemer van Spur se hoofkantoor. 

Dié voorval het glo ten aanskoue van kliënte gebeur.

’n Brief wat Silvestri se prokureur, Alicia Viljoen, aan Spur gestuur het lui dat die vrou by Pepe’s Restaurant opgedaag het en by ’n groep ander mense aangesluit het. Sy het die aand teen 23:30 nog ’n drankie bestel, maar die kelner het gesê dat hulle nie nog bestellings neem nie omdat die banksisteem om 23:30 sluit. Luidens die brief het die vrou ’n aggressiewe houding teenoor die bestuurder ingeneem. 

Die Pos het ’n video-opname gesien wat een van die personeellede van die voorval gemaak het. ’n Vrou sê herhaaldelik aan die bestuurder: “Ek is van Spur-hoof-kantoor en ek gaan julle g*tte af ‘sue’.” Sy het haar hand voor die kamera gehou, geswets en gesê hulle moet haar nie afneem nie. Sy het hulle belet om Spur te besoek, waarna hulle haar gevra het om die restaurant te verlaat. 

Silvestri het in sy brief aan Spur gevra dat die kettinggroep hulle in ’n advertensie in Die Pos distansieer van hul werknemer se optrede. Hy eis ook dat die werknemer nie weer sy restaurant betree nie.

Volgens Silvestri geld van die restaurant se spesiale aanbiedinge al langer as twee jaar en word nuwes deurentyd bygevoeg. 

Spur het, ná ’n ontmoeting met Silvestri, onderneem om aan al sy versoeke te vol-doen. “Spur het erken dat hul werknemer se gewraakte optrede nie ooreenstem met hul beleid nie en onderneem om teen haar op te tree,” het Viljoen gesê. Sy het gesê dié voorval hou geensins verband met werknemers of eienaars van die plaaslike Spur nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories