HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Eskom gaan nie krag sny, sê burgemeester


   17 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 516   l   26 days ago  

 


Inwoners van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit kan die asem wat hulle ophou sedert die nuus dat Eskom die kragtoevoer na dié dorpe vanaf 6 Desember op spitstye gaan sny, stadig uitblaas. 

Dit het verlede week tydens ’n vergadering wat deur die Waterberg-sakekamer oor die elektrisiteitskrisis gehou is, aan die lig gekom dat die munisipaliteit ná wekelange onderhandelinge met Eskom die krisis kon afweer. Provinsiale departemente het ook hulp verleen. 

Marlene van Staden, burgemeester, het gesê ’n nuwe afbetalingsooreenkoms is bespreek en dat die munisipaliteit vol vertroue is dat Eskom die voorstel sal aanvaar. “Sodra die ooreenkoms geregistreer is, sal die maandelikse rente op ons ou skuld nie meer gehef word nie. Dit sal ons maandelikse rekening met R5 miljoen per maand verminder en dit vir ons makliker maak om elke maand ons rekening te betaal,” het sy gesê.

Sy het gesê die munisipaliteit het vanjaar elke maand hul Eskom-rekeninge betaal, maar sukkel om dit teen die gegewe datum van elke maand te betaal. 

“Die huidige rekening van R16 miljoen moet voor of op Donderdag, 23 November, betaal word. Ons het reeds R10 miljoen daarvan betaal,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat in terme van ’n nuwe nasionale ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) alle munisipaliteite langer tyd kry om hul maandelikse rekeninge te betaal. In die verlede moes hulle binne 15 dae vandat hulle die rekening ontvang het betaal, maar dit is nou verleng tot 30 dae. 

Die totale bedrag aan Eskom verskuldig beloop nou R234 miljoen. Dié groot bedrag is die gevolg van die samesmelting van Modimolle en Mookgophong in Augustus 2016. Albei munisipaliteite was agterstallig met hul Eskom-rekeninge en die lae invorderingskoers vanaf inwoners en sakelui, bemoeilik die betaling van die rekening, is aan Die Pos gesê. 

Eskom was die afgelope week hoofnuus nadat dit aan die lig gekom het dat dié kragreus op die rand van bankrotskap is en dringende ingryping nodig is om dit staande te hou. 

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories