HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Diensverskaffer begaan flater met rekeninge


   17 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 487   l   26 days ago  

 


Die Bela-Bela-munisipaliteit het Die Pos verlede week dringend geskakel om inwoners van ’n fout op hul munisipale rekeninge in te lig. 

Dit kom nadat die diensverskaffer wat die munisipaliteit se munisipale rekeninge hanteer ’n groot blaps begaan het deur die verkeerde munisipaliteit se bankbesonderhede op Bela-Bela-inwoners se rekeningstate te plaas.

Die diensverskaffer, genaamd Munsoft, behartig 43 munisipaliteite in die land se rekeninge. 

Hulle het volgens David Rabololo, Bela-Bela se munisipale woordvoerder, ’n klomp Bela-Bela-rekeninge verkeerdelik met die West Rand plaaslike munisipaliteit se briefhoof en bankrekeningnommer bo-aan uitgedruk en dié is toe aan Bela-Bela-inwoners uitgereik.

Die Pos verneem heelwat inwoners het reeds geld vir basiese dienste wat hul aan die Bela-Bela-munisipaliteit moes betaal weens dié fout in West Rand se rekening inbetaal. 

“Die saak is met die diensverskaffer opgeneem en regstellende stappe word gedoen om die geld te verhaal. Die korrekte rekeninge is reeds by die poskantoor afgegee en na die verskeie huishoudings uitgestuur,” het Rabololo gesê. 

“Belastingbetalers wat die verkeerde rekening ontvang en betaal het, word aangeraai om die invorderingsafdeling van die munisipaliteit te kontak. Die bewys van die verkeerde betaling moet ook saamge-bring word sodat die fout reggestel kan word.” Rabololo het namens die munisipaliteit verskoning gevra vir die flater.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories