HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Gesin ruil Vaalwater vir Nieu-Seeland


   01 December 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 150   l   5 months ago  

 

Albert, Lambert, Karien en Leendert Poortier saam met hul geliefde perde. Die Poortier-gesin emigreer ná 19 jaar op Vaalwater na Nieu-Seeland.


Die Poortier-gesin van Vaalwater groet die dorp ná 19 jaar.

Dr. Albert Poortier is bekend as algemene praktisyn op die dorp en sy vrou, Karien was vir lank by die Voortrekkers en kerk betrokke. 

Ná ’n wonderlike vakansie in Nieu-See-land ’n jaar gelede en baie moontlikhede wat oorweeg is, het Albert en Karien en hul twee seuns, besluit om na Nieu-Seeland te verhuis.

“Albert het ’n ongelooflike aanbod gekry om saam met sewe ander dokters in ’n praktyk te werk,” het Karien aan Die Pos gesê. Karien sal haar op die kinders toespits en huishou.

Volgens Albert en Karien is die hoogte-punte wat hulle op Vaalwater beleef het die geboorte van hul twee seuns, Leendert (15) en Lambert (7), die besonderse mense van die omgewing en die pragtige natuurskoon.

Hulle beplan om al hul besittings tuis te los en om hul huis later moontlik in ’n gastehuis te omskep terwyl haar ma, Hester van der Walt, ’n ogie sal hou. 

Karien vertel die eerste mense wat haar 19 jaar gelede op Vaalwater verwelkom het, was Topsie en Wallie Essenberg. 

“Topsie het met ’n pragtige bos blomme en ’n groot glimlag by my aangekom,” het Karien gesê.

Een van die grootste vrae van al die inwoners is hoekom Nieu-Seeland? “Ons het besluit ons sal nêrens anders in Suid-Afrika wil bly as op Vaalwater nie, so ons moet maar landuit,” het Albert en Karien spottend vertel.

Volgens die Poortier-gesin fokus Nieu-Seeland meer op vrye- en gesinstyd. “’n Mens werk hard, maar daar is ook baie klem op gesinstyd,” het Albert gesê. 

“Op skool in Nieu-Seeland word meer klem gelê op vaardigheid, die buitelewe en avontuur as op akademie en druk. Ons kinders kan daar nog kinders wees, met hulle fietse in die strate ry en vry wees,” het Karien gesê.

’n Afskeidspartytjie word op Maandag,  4 Desember, by Hunters Hide-restaurant op die dorp gehou om lekker saam te kuier en wonderlike herinneringe te deel.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories