HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Modimolle-munisipaliteit se deure toe weens staking van personeel


   01 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 36   l   2 months ago  

 


Die munisipale kantore op Modimolle se deure was vanjaar vir die soveelste keer gesluit weens stakings deur ontevrede veiligheidspersoneel.

Inwoners kon nie hul rekeninge op Maandag, 27 November, betaal nie, omdat werkers in diens van die veiligheidskon-trakteur gestaak het. Die munisipaliteit se hekke was egter weer teen 15:00 oop. Dié werkers is glad nie in diens van die munisipaliteit nie en die loongeskil is met hul werkgewer wat die veiligheidskontrak met die munisipaliteit aangegaan het, het Marlene van Staden, die burgemeester, gesê.

Bestuurders en raadslede van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het teen Dinsdag, 28 November, nog nie hul sala-risse ontvang nie. Volgens Van Staden het van die gewone werknemers net ’n ge-deelte van hul salarisse ontvang. Die werknemers word gewoonlik op die 25ste van elke maand betaal. 

Van die werknemers het gegis dat hul salarisse nie betaal is nie weens die groot Eskom-rekening wat dringend vereffen moes word om te verhoed dat Eskom die dorp se krag vanaf Woensdag, 6 Desember, op spitstye afsny. Na verwagting sou almal teen Woensdag, 29 November, ten volle betaal gewees het. 

By navraag het Van Staden gesê die betaling aan Eskom en swak invordering van geld wat deur inwoners geskuld word, is moontlik die redes vir die laat betalings, maar dat al die werknemers voor die einde van die maand betaal behoort te word.   

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories