HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Skenking van fietse aan kinderhuis


   01 December 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 213   l   5 months ago  

 

Die kinders van die Abraham Kriel-kinderhuis is opgewonde oor ’n skenking van tien fietse wat onlangs aan hulle gegee is.


Die Abraham Kriel-kinderhuis op Modimolle het ’n ruim skenking van 10 fietse ontvang. 

Albie de Lange van Go-Sport Events, ’n organisasie wat sportbyeenkomste gereël, het dié 10 fietse aan die kinderhuis oorhandig nadat hy gehoor het dat hulle ’n fietsry-aktiwiteit beplan. Nog borge het met die skenking gehelp. 

Die kinders het opgewonde nader gehardloop om die fietse van nader te beskou — selfs al was baie van hulle nog heeltemal te klein vir die groot fietse. 

Die fietse, wat in ’n puik toestand is, is voorheen gebruik om bergfietsryers te leer fietsry. 

“Dié projek is daarop gemik om bepaalde lewensvaardighede vir die kinders aan te leer. De Lange sal waarskynlik nog fietste in die toekoms beskikbaar stel vir ons program. 

“Die gemeenskap sal ons kinders voor-taan op die paaie gewaar,” het die hoof van die kinderhuis, Gerda van der Merwe, aan Die Pos gesê. “Enigeen wat tweedehandse fietsrytoerusting wil skenk, is welkom,” het sy gesê.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories