HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Munisipale werkers staak steeds


   08 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 163   l   4 days ago  

 


Die munisipale staking op Mookgophong het op Dinsdag, 5 Desember, vir die agtste dag voortgeduur. 

Tot groot frustrasie van inwoners was daar in dié tyd watertekorte en kragonderbre-kings terwyl inwoners self moes inspring om vullis te verwyder. 

Die stakers het op Maandag, 27 November, die pad voor die munisipaliteit met klippe en takke versper, maar die pad is later dieselfde dag weer oopgestel vir verkeer nadat die polisie ingegryp het.

Burgemeester Marlene van Staden het tydens ’n raadsvergadering op Dinsdag, 5 Desember, gesê die staking moet so spoedig moontlik tot ’n einde kom sodat dienslewe-ring kan voortgaan. 

“Van die munisipaliteit se werknemers en hul gesinne word gedreig,” het sy gesê. 

Die werknemers eis “one job, one salary”. Dié ongelukkigheid is daaraan te wyte dat werknemers van die voormalige Modimolle-munisipaliteit op ’n hoër salariskerf is as dié op Mookgophong omdat die munisipaliteite voor die samesmelting verskillend gegra-deer was. 

Die nuwe gradering van werkers vir die nuwe Modimolle-Mookgophong-munisipa-liteit kan glo eers gebeur nadat ’n proses deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) gevolg is.

OP Sebola, munisipale bestuurder, het aan die raad gesê dat hy op Donderdag, 30 November, met die werkers vergader het en die proses en munisipaliteit se finansiële toestand aan hulle verduidelik het. 

Hy het gesê die aanpassing sal nié in De-sem-er al kan gebeur nie. 

Op navraag van Van Staden oor wat gedoen word om die staking te keer, het hy gesê dat twee werknemers reeds hul afdan-kingsbriewe ontvang het en dat kriminele sake geopen sal word teen diegene wat ander dreig. 

DA-raadslid Johann Abrie het gevra waar-om die proses sloer, want ’n interdik kon binne ’n dag verkry word om ’n uitgerekte staking op Modimolle te voorkom. 

Klaas Mabunda, ANC-raadslid, het gesê werknemers van dié twee dorpe moet dieselfde behandel word en dat daar so gou moontlik ’n einde aan die staking gemaak moet word. 

Hy het gesê hulle moet druk op Salga plaas sodat die probleem so gou moontlik opgelos kan word. 

Van Staden het by navraag aan Die Pos gesê dat daar op Woensdag, 6 Desember, op Mookgophong vergader sou word om plan-ne vir die res van Desember en die Kerstyd te bespreek. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories