HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

SAVF bied ontbyt aan


   15 December 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 15   l   36 days ago  

 

Die Warmbad SAVF het op Donderdag, 28 November, ’n heerlike ontbyt in hul saal op die dorp aangebied. Op die foto van links is Leatitia Louw-Cilliers (sekretaresse), Violet Mphato, Susan de Klerk (voorsitter), Martie Raubenheimer, Anna Dalton, Erlo Lademan, Jasmyn Koekemoer, Latitia Hurn, Lana Boonzaaier (ondervoorsitter).


Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) op Bela-Bela het op Dinsdag, 28 November ’n ontbyt by die SAVF-saal op die hoek van Mentzlaan en Ludorfstraat aangebied.

Die organisasie het vooraf kaartjies verkoop en het dié oggend vir 85 mense reggestaan.

Lana Boonzaaier het almal welkom geheet en ’n kort oorsig gegee oor die ontstaan van die dorp se SAVF-diensbestuur op 12 Augustus 1963.

Die Warmbad SAVF se donateurs vir 2017 was ook by die ontbyt en hulle is van harte bedank vir hul bydraes en hulp met die SAVF se taak om geldelike bydraes te kan maak aan verskillende welsynsorganisasies in die omgewing.

* Die SAVF se saal kan aan welsynsor-ganisasies en ook aan die gemeenskap verhuur word. 

Bel gerus vir Susan de Klerk, Warmbad SAVF-voorsitter, by tel. 082 925 9439 vir kwotasies vir die huur van die saal, of vir enige spysenieringnavrae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories