HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Reik uit na ander


   15 December 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 99   l   4 months ago  

 


Organiseerders van die Pay it Forward-projek op Bela-Bela beplan om bejaardes en minderbevoorregte kinders se harte hierdie Desember bly te maak en vra inwoners om dit ook te doen.

Mense kan geskenke by Pick ’n Pay op die dorp of by Rodeo’s by die Bela-Bela Waterfront afgee. 

Dit sal dan aan behoeftiges versprei word, het sers. Hester van Zyl van die Bela-Bela-polisie en organiseerder gesê.

Mense kan veral doeke (vir kinders en volwassenes), klere, badgoed (veral seep), koekies, lekkers, sagte speelgoed en blikkieskos vir dié projek skenk. 

Skenkers moenie die geskenke toedraai nie. Die spertyd vir aflewerings is op Vrydag, 15 Desember. Die geskenke moet vir kinders tussen 1-16 jaar wees.

Die organiseerders en vrywilligers beplan om op Vrydag, 22 Desember, op ’n uitstappie na ’n dierepark buite Bela-Bela te gaan, waar hulle behoeftige kinders in die omgewing met ’n dag van pret sal bederf.

Die groep beplan om op Sondag, 24 Desember, deur die dorp te ry en die verskillende instansies wat met behoeftige mense werk te besoek. Die geskenke sal dan afgelewer word. 

Mense wat dit graag wil bywoon, kan dié dag om 12:00 by die Waterfront bymekaar kom, het Van Zyl gesê.

Omdat polisiebeamptes oor Kersfees aan diens is, sal die groep hulle ook met klein geskenkies bederf.

Mense kan tussen 17:00 en 17:30 op Oukersdag by die Waterfront bymekaar kom en moet ’n kers en, indien moontlik, ’n Kersvaderhoed saambring. Die groep sal dan weer deur die dorp ry en Kersliedere op verskillende plekke gaan sing.

Vir meer inligting bel vir Reiz Ferreira by tel. 061 884 5911 of vir Van Zyl by tel. 082 729 0253. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories