HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Modimolle-streekhof die beste


   15 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1819   l   4 months ago  

 

Die Modimolle-streekhof is as die beste streekhof in die Limpopo-suidstreek vir 2017 aangewys. Op die foto is aanklaers Doria Groenewald, Pretty Mabunda, Gerhard Pienaar en Liezl del Frate.


Die Modimolle-streekhof is as die beste streekhof in die Limpopo-suidstreek vir 2017 aangewys. 

Die toekennings is op Vrydag, 1 Desem-ber, deur die departement van openbare vervolging tydens ’n geleentheid in Polokwane gemaak. 

Renier van Rooyen is ook as beste senior aanklaer aangewys en Liezl del Frate as beste streekhofaanklaer. Del Frate is verder beloon vir haar werk teen renos-terstropery. Sy het vanjaar verskeie skuldigbevindings en vonnisse behaal.

Die Limpopo-suidstreek bestaan uit 15 kantore wat Groblersdal, Lebowakgomo, Lephalale, Northam, Sekhukhune, Thabazimbi en Tubatse insluit. 

“Die Modimolle-streekshof het vir 10 van die 12 maande die beste afhandelingsyfer en die beste skuldigbevindingsyfer in die gebied gehandhaaf,” het Van Rooyen gesê.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories