HOOFSTORIES: •   Vlamme stuit nie bedrogondersoek   •   Inkopiesentrums nie so veilig   •   Betogings en klipgooiers hou gevaar op N1 in   •   Sydney Gregan - nie tronkstraf, vra verdediging   •   Hansies groet geliefde hoof   •   Skoolseun beseer tydens 'bakleiery'   •   Skrootwerwe in polisie se visier   •   Plaaswerkers slyp vaardighede   •   Wildehonde se gewoontes van nader bekyk   •   Bekende in wildkringe spreek jagters toe   •   Jong bulletjies wyl hul staal
 


 
 

 

Inwoners kla oor dienslewering


   15 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 172   l   4 months ago  

 


’n Groep inwoners van Modimolle het op Dinsdag, 12 Desember, ’n memorandum met eise aan die speaker van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, Dingaan Motshwene, oorhandig. 

Tussen 100 en 150 mense het vanaf Pha-gameng tot by die munisipale kantore gestap. 

Die groep noem hulself Modimolle Con-cerned Residents. 

In hul memorandum sê hulle dat die trans-formasie en ontwikkeling van hul gemeen-skap afgeskeep is tydens jare se swak rege-ring deur die ANC en nou verder agtergelaat word onder die DA/VF Plus/EFF-regerings-ooreenkoms. 

“Swak dienslewering, korrupsie, afwe-sigheid van ekonomiese transformasie en ongemotiveerde munisipale werkers is steeds daar, met geen plan om dié probleme op te los nie,” het die groep geskryf. 

“Raadslede van al die partye bombardeer mekaar eerder met valse beweringe en tree op soos die dorp se skinderbek op sosiale media, pleks daarvan om die ware kwessies wat ons gemeenskappe raak, aan te pak,” het in die memorandum gestaan. 

Hulle eis onder meer dat drinkwater ’n reg is en dat die munisipaliteit ’n ononderbroke toevoer na inwoners moet verskaf. 

Hulle vra ook dat die stortingsterrein langs Uitbreiding 10 se woonbuurt verskuif word. Hulle het talle griewe rakende die invordering van agterstallige skuld en sê die munisipa-liteit kan nie inwoners verantwoordelik hou vir ’n oneffektiewe invorderingstelsel nie. Hulle eis ook dat die munisipaliteit nie korrupsie moet duld nie en dat geen tenders voorts aan raadslede toegestaan mag word nie. 

Hulle het ook die burgemeester, Marlene van Staden, se bedanking geëis en sê die onlangse voorval waar sy afgeneem is met ’n ou Vierkleurvlag in die agtergrond, is betreurenswaardig en dui op ’n gebrek aan visie. Hulle wil hê ’n komitee moet saamgestel word wat apartheidtekens soos dié identifiseer sodat dit verwyder kant word. 

“Ek verstaan dat dinge in ons munisi-paliteit nog ver van reg is, maar ons het ’n baie swakbestuurde munisipaliteit van die ANC af geërf,” het Van Staden in reaksie op die memorandum gesê. 

“Dit sal jare neem om alles wat nooit onderhou is nie, reg te kry of oor te doen. Ons is daagliks besig met planne om die munisipaliteit reg te ruk. Ons werk met ’n langtermynvisie en ware veranderinge is nie onmiddellik sigbaar nie.”

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories