HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Skade ná swaar reën; dam egter nog leeg


   15 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1028   l   4 months ago  

 

JC Earle en Rhuan Smith van Modimolle by een van die dorp se laagwaterbruggies wat weer verlede week verspoel het. Foto: Herman Steyn


Inwoners van Modimolle het die afgelope twee weke se reën met ope arms verwelkom en hul reënmeters met valkoë dopgehou. 

Die Donkerpoortdam se opvangsgebied en gedeeltes stroomop het verlede week (tot Vrydag, 8 Desember) tussen 65 mm en 70 mm gemeet. Aan die onderkant van die dam en op die dorp, het sowat 95 mm reën geval, het DA-raadslid Sarna Groenewald gesê.

Die dam se vlak was op Maandag, 11 Desember, ’n geskatte 33%, maar nie alles daarvan is bruikbaar nie as gevolg van slik. Volgens ’n verslag wat die munisipaliteit se tegniese departement van waterdienste aan Groenewald gestuur het, het die dam, wat saam met water vanaf Magalies Water en verskeie boorgate die dorp van water voorsien, slegs water vir 110 dae oor. 

Die verslag lui ook dat die afgelope twee weke se reën slegs gehelp het om die daaglikse behoefte aan water, wat baie hoog is, te voorsien en om verdamping te verminder.  Inwoners word aangemoedig om spaarsaam met water te werk. 

Verskeie strate en huise in Phagameng het skade gely tydens die swaar reën wat op Dinsdag, 5 Desember (40 mm), en Woensdag, 6 Desember (62 mm), geval het. Die groot hoeveelheid reën wat binne ’n kort tyd geval het, het veroorsaak dat die rivier sy walle oorstroom en talle paaie was vir ’n kort ruk onbegaanbaar. Die stene van die strate in Phagameng wat onlangs geplavei is, is ook uit die pad gespoel.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories