HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Modimolle groet bekende oudonderwyser


   12 January 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1629   l   6 days ago  

 

Frans Bouwer, wat jarelank ’n onderwyser aan Hoërskool Nylstroom was, is op Woensdag, 20 Desember, oorlede. Saam met hom op die foto is sy vrou, Corlia.


’n Ou bekende op Modimolle het sy dorp en geliefdes gedurende Desember vaarwel toegeroep. 

Frans Bouwer, wat jarelank ’n onderwyser aan Hoërskool Nylstroom was, is op Woensdag, 20 Desember, oorlede ná ’n 10  weke lange siekbed weens galblaas- en lewerkanker. 

Sy begrafnis was op Donderdag, 4 Januarie, vanuit die NG-gemeente Waterberg. Ds. Willie Potgieter het die diens waargeneem. 

In sy begrafnisbrief het sy kinders, Ettienne, Marius en Elmar, geskryf: “Pa se passie in die lewe en bereidheid om ander te help sal altyd in ons gedagtes bly. Pa het ons geleer dat ’n mens nie ’n groot mond nodig het om diep spore in mense se harte en in die wêreld te trap nie — ’n mens het net passie en deursettingsvermoë nodig. Dankie Pa, vir wat ons by jou kon leer van nederigheid, respek, wysheid en positiwiteit.”

Bouwer laat sy vrou, Corlia, en drie seuns Ettienne, Marius en Elmar en hul gesinne agter. Die familie bedank die gemeenskap vir die ondersteuning wat hulle ontvang het. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories