HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Mookgophong vier Oujaar met boeremusiek


   12 January 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 105   l   6 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Die Boeremusiekgulde het op Saterdag, 30 Desember, weer ’n Oujaarsdans by die feesterrein op Mookgophong gereël.

Orkeste en gaskunstenaars soos Jannie Bronkhorst (88) en Neels Marais het beurtelings van vroeg tot middernag gespeel. 

Die Waterberg Tradisioneel- en Verweg-boereorkeste, asook die Danie du Toit-orkes van Polokwane, het die sowat 300 feesgangers behoorlik met uithalermusiek vermaak.

Drie konsertinaspelers, Barries Pieterse, Fanie du Plessis en Marais, het ’n paar nommers gelyktydig uitgevoer en die klanke daaruit was omtrent ’n belewenis, het van die feesgangers aan Die Pos gesê. 

Die byeenkoms is deur Rita en Johan Bierman van die dorp se Boeremusiekgulde gereël.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories