HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

R33-pad verspoel ná reën


   12 January 2018   l   Christie Steyn    l   Views: 312   l   3 months ago  

 

Die R33 wat deur Vaalwater gaan, het verspoel nadat goeie reën uitgesak het.


Inwoners van Vaalwater was ná ’n heerlike Kersnaweek baie dankbaar vir die lieflike reën wat die nag van 25 Desember uitgesak het. 

Die gemeenskap van Vaalwater het op Gesinsdag (26 Desember) vroeg al gespog met die hoeveel-heid reën wat gemeet is. Dalene Vermaak, wat op ’n hoewe wat aan die dorp grens woon, het 44 mm gemeet. Maxine Southerland het 32 mm op die Groenfontein-hoewes net buite Vaalwater gemeet, by die Zeederberg-gastehuis is 54 mm gemeet en Reneè Ahlers het 60 mm gemeet.

Die reën het egter skade aan die paaie veroorsaak. Mogolstraat het vol klippe gespoel en die R33 wat deur die dorp loop, was verspoel en vol grond. 

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, is vinnig in kennis gestel oor die toestand van die R33. “Dit het kompleet soos ’n grondpad met klippe en al gelyk,” het Van Staden aan Die Pos gesê. Kontrakteurs het vinnig ingespring om met opruimingswerk te begin en teen 14:00 daardie middag het Van Staden inwoners in kennis gestel dat Sanral bewus gemaak is van die toestand van die pad en dat die pad opgeruim sal word. 

Die pad was met die aanbreek van die nuwe jaar reeds opgeruim.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories