HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Ma sterf op Oukersdag


   12 January 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 1140   l   10 days ago  

 

Mary-Ann Murray (57) van Bela-Bela is op Oukersdag by haar huis op die dorp aan natuurlike oorsake oorlede.

 


Familie en vriende van ’n bekende vrou van Bela-Bela, Mary-Ann Murray (57), verwerk nog die skok nadat Murray op Sondag, 24 Desember, by haar huis oorlede is.

Volgens die familie is sy aan natuurlike oorsake oorlede. Sy was volgens hulle ’n asmalyer.

Murray is in Windhoek, Namibië, gebore. Sy het saam met haar ouers na Modimolle verhuis en veral in gimnastiek presteer, waarin sy haar nasionale kleure verwerf het, het ’n familielid aan Die Pos gesê.

Sy is ná skool na Johannesburg waar sy as verpleegster gewerk het. Sy is daarna getroud en het drie kinders gehad.

Sy het later na Secunda verhuis en daar ’n advertensiebordmaat-skappy bestuur, waarna sy na Johannesburg teruggekeer het.

Volgens die familielid het sy na die Waterberge teruggekeer nadat haar kinders uit die huis is en sy bande met ou vriende hernu, maar ook talle nuwe vriende ontmoet het. 

Sy het voor haar afsterwe vir Waterfront Signs en die Waterf-ront Animal Nursery and Animal Farm op die dorp gewerk.

’n Gedenkdiens is vir haar op Woensdag, 3 Januarie, op ’n plaas buite Bela-Bela gehou. Sy laat haar drie kinders Hendrik, Bernice en Michelle Murray agter. 

Die familie wil graag Murray se vriende, kollegas en elkeen wat haar geken en ondersteun het, bedank. Murray, wat ’n unieke humorsin gehad het, was veral dankbaar om ná al die jare se rondtrekkery weer in haar ou omgewing betrokke te raak en om oor naweke met plante te kon werk, het die familielid gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories