HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Vakansieganger haal krokodil uit water


   12 January 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 976   l   6 days ago  

 

Francis Bacon, ’n wildkonsultant van Limpopo, het in Desember gehelp om ’n jong krokodil by ’n vakansieoord in die Melkrivier-omgewing uit die oord se swembad te haal terwyl vakansiegangers toegekyk het. Op die foto is Bacon met die krokodil.


Vakansiegangers wat in Desember by ’n oord in die Melkrivier-omgewing gebaljaar het, moes vinnig uit die swembad spring toe ’n krokodil in die water beland het.

Francis Bacon en sy verloofde, Louisa Reyneke, het op Woensdag, 13 Desember, saam met hul seun by die oord geswem. Hulle het gevra dat die oord se naam nie genoem word nie. Francis is ds. Marius en Mercia Bacon van Bela-Bela se seun.

Volgens Francis het hy ’n jong krokodil op die grasperk naby die swembad gewaar. Die oomblik toe hy nader gegaan het, het die krokodil weggeskarrel en in die oord se swembad beland. Die vakansiegangers moes noodgedwonge uit die swembad klim, het hy gesê.

Talle mense het ingespring om die krokodil met nette en swembadbesems uit die diep kant te kry, maar sonder sukses.

Bacon, ’n wildkonsultant van Limpopo wat homself gereeld in situasies met wilde diere bevind, het besluit om in die water te duik om die krokodil uit te haal. Hy het die krokodil ná ’n groot gespartel en twee krokodilbytmerke later uit die swembad gekry.

Daar word verneem dat die krokodil uit ’n hok op die oord ontsnap het en sy weg na die groen gras en water gevind het, het Francis gesê. 

Die krokodil is reeds weer veilig in sy hok.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories