HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Dominee beplan besige aftrede


   12 January 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 65   l   3 months ago  

 

Ds. Wollie Wolhuter tree ná 30 jaar as predikant van die NG Waterberg—gemeente op Modimolle af. By hom is sy vrou, Annet. 


Ná 30 jaar op die NG Waterberg-gemeente op Modimolle se preekstoel, tree ds. Wollie Wolhuter af om sy lyf boer te hou. 

Hy het sy uittreepreek op Sondag, 7 Januarie, gelewer. 

“Ons het lank gelede reeds besluit dat ons hier wil aftree. Ek het ’n ruk gelede ’n mooi kleinhoewe net buite die dorp aangeskaf. Ons het ’n paar skape en beeste en hoop dat ons vir nog so vyf tot tien jaar daar kan woon en so in die kleine kan voel hoe dit voel om te boer,” het hy gesê.

Maar dit is nie waar sy drome eindig nie.  “My vrou, Annet, wat by die Residentia-aftreeoord werk, tree ook in Februarie af. Ons is jeukerig en wil graag nuwe plekke gaan sien — veral op in Afrika,” het hy vertel. Sy droom is om die NG Kerk se sendingaksies in lande soos Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda en Kenia te besoek. “So ’n pelgrimstog sal interessant wees om te sien hoeveel van die kerke en sendingstasies nog in gebruik is.”

Hy glo vas dat aftrede nie vir stilsit is nie. 

Hy het in 2013 Afrika se hoogste berg, Kilimanjaro, uitgeklim om geld in te samel vir die Abraham Kriel-kinderhuis op die dorp. “Indien my gesondheid dit hou, sal ek graag van Beitbrug tot in Kaapstad wil fietsry om geld vir die Bybelgenootskap in te samel,” het hy gesê. Hy lag. “Ek droom nog groot.” 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories