HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Unieke skaapras eersdaags onder die hamer


   19 January 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 130   l   4 months ago  

 

Die eerste Bosvelderskaaprasveiling vind in Februarie buite Bela-Bela plaas. Dié ras is geteel om die behoefte aan ’n vroeër bemarkbare karkas te vul. Op die foto is een van die Bosvelders-ramme wat op die veiling te sien sal wees.


Klimaat- en omgewingsomstandighede is bepalende faktore vir boere se kuddes.

Daarom het die Limpopo Pedi en Bosveldersstudiegroep ’n paar jaar gelede ’n poging aangewend om ’n gewenste skaapras, Bosvelders, te teel wat veral in die omstandighede van die Bosveld kan oorleef. Die eerste Bosvelderskaapveiling vind op Saterdag, 3 Februarie, by die Veemarkveilingskrale buite Bela-Bela op die Settlers-pad plaas.

Rudette Nel, voorsitter van die Limpopo Pedi- en Bosveldersstudiegroep, het by navraag gesê Bosvelders is geteel om spesifiek die uitdagende faktore van skaapboerdery in die Bosveld te weerstaan.

Wat hierdie skape uitsonderlik maak, is die feit dat hulle uit Pedi-skape geteel is om ’n gehardheid teen onder meer hartwater — ’n oordraagbare bosluissiekte — en interne parasiete te hê.

“Die Bosvelder is danksy streng keuring en infusie ’n veredelde Pedi met ’n groter, swaarder, breër en vroeër bemarkbare karkas,” het sy gesê. “’n Merkbare persen-tasie Pedi-bloed is in alle Bosvelderskape ’n vereiste en sodoende word goeie moedereienskappe, tropinstink, vroeë geslagsrypheid en ’n natuurlike weerstand teen hartwater vasgelê.”

Volgens Nel word daar baie suksesvol met Bosvelders in die geharde dele van die Limpopo geteel en geboer.

Pedi-skape word ook met groot sukses na Mosambiek en Botswana uitgevoer. Nel meen Bosvelders kan ook met sukses na hierdie bestemmings uitbrei.

Nel het gesê hoewel dit ’n lang proses was en baie lesse daaruit geleer is, is hulle trots daarop om Bosvelders vir die eerste keer op Bela-Bela op ’n veiling onder die hamer te plaas. 

Sy het egter gesê dat Bosvelders nie ’n geregistreerde ras met ’n stamboek is nie, maar hulle geniet die beskerming van die Limpopo Pedi- en Bosvelderskaapstudie-groep en kan dus bemark en bevorder word.

Belangstellendes kan meer oor die Bos-velders uitvind deur die Facebook-skakel www.facebook.com/Bosvelderskaap vir meer inligting te besoek.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories