HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Groot skade by onderneming ná brand


   19 January 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1004   l   4 months ago  

 

SM Pompe op Modimolle het die afgelope naweek groot skade in ’n brand opgedoen. Paul en Christene Mouton en die eienaars van die onderneming, Zandra en Grobbie Grobler, was saam met ander werknemers hard aan die werk om die gebou op te ruim sodat hulle binnekort weer hul dienste kan lewer. 


Groot skade is die afgelope naweek by ’n sakeonderneming op Modimolle aangerig nadat ’n elektriese fout ’n brand veroorsaak het. 

SM Pompe, wat in Thabo Mbekiweg op die dorp geleë is, se voorraad is grotendeels verwoes en ’n deel van die gebou het ook skade gely, het die eienaar, Grobbie Grobler, gesê. Die brand het op Saterdagmiddag, 13 Januarie, vermoedelik by ’n dag-nag-skakelaar ontstaan. 

Inwoners, lede van die Waterberg Agrisekuriteitspolisiëringsektor (WASP, voorheen die GPF) en die brandweer was volgens inligting gou op die toneel en het vergeefs probeer om die skade te beperk. 

Volgens Christene Mouton, bestuurder, het sy die middag ’n oproep ontvang dat die gebou aan die brand is. “Ek was baie gou daar en die brandweer was op my hakke nadat die sekuriteitsmaatskappy, Jumas, hulle gaan haal het. Almal het ingespring om te help. Ek het in my haas kaalvoet daar opgedaag en iemand het selfs vir my skoene aangebied toe my voete blase gebrand het,” het sy gesê.

Grobler en sy vrou, Zandra, was op pad Botswana toe en het inderhaas teruggedraai. “Ons is baie dankbaar vir die gemeenskap se hulp. Hulle het uit hul pad gegaan om ons by te staan. Ook groot dank aan my werknemers wat dadelik ingespring en begin opruim het,” het hy gesê. 

Tydens Die Pos se besoek op Dinsdag, 16 Januarie, was die span hard besig om die swartverskroeide gebou op te ruim. “Ons gaan ons bes doen om binne ’n week weer oop te wees en ons dienste aan die gemeenskap te bied. Ons vra dat hulle ons asseblief weer sal ondersteun,” het Grobler gesê.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories