HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Inwoners span saam om gate te herstel


   02 February 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 168   l   24 days ago  

 

Munisipale werkers is hier besig om slaggate in die nywerheidsgebied op Mookgophong te herstel.


Mookgophong se mense het groot planne om vanjaar saam te staan en dié dorp reg te ruk.  

Die AfriForum-tak op Mookgophong het einde 2017 besluit om ’n paar projekte vir 2018 te onderneem om die dorp te verbeter.

Volgens Philip van Staden, AfriForum-takvoorsitter op die dorp, was een van die projekte om die talle slaggate in die dorp op te vul en te herstel. 

AfriForum het met wyksraadslid Hercules Louw vergader en besluit om dit ’n gemeen-skapsprojek te maak. Daar is ooreengekom dat AfriForum die teer vir die projek sal ver-skaf en dat die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit die arbeiders sal voorsien.

Thomas Kekana van die munisipaliteit se paaie-afdeling is ook by die projek betrokke, asook Neels van Vliet van AfriForum. ’n Anonieme skenker het ’n halwe drom vloei-bare teer geskenk om te help om van die projek ’n sukses te maak.

Van Staden het aan Die Pos gesê daar is begroot om ongeveer 300 sakkies teer te koop. Hulle het op Vrydag 19 Januarie begin en het 17 van die gate in die woon- en nywerheidsgebied, en ook op die Groot-valleipad, opgevul. ’n Verdere 23 gate is op Maandag 22 Januarie opgevul. 

Daar is ook begin om die groot slaggate in 4de Straat te herstel en daarna kom 7de Laan aan die beurt, het Van Staden gesê. Die inwoners van Gholfpark het onderneem om 40 sakkies teer te skenk sodat die veiligheidsoord se slaggate ook herstel kan word. Die munisipaliteit het drie werkers voorsien en AfriForum het die ander twee self gehuur om te help. 

Volgens Van Staden was die een slaggat so groot dat hulle ses sakkies teer gebruik het om dit op te vul. Hy het gesê dit is ’n baie duur proses. Dit kos volgens hom R62 vir ’n 25 kg sakkie teer en dit dek net 0,4 m2 van 40 mm dik. Die munisipaliteit maak eers ’n mengsel van 20% sement en gekompakteerde grond wat dan vir ’n paar dae staan voordat dit geteer word. 

 “Ons sal bly wees as die gemeenskap sal help met die projek. Dit help nie ons wys vinger en doen niks nie. Iets is beter as om niks te doen nie,” het Van Staden gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories